Jy Lag Net Soos Jou Pa

Jy lag net soos jou ouma.

Jy loop net soos jou pa.

Het jy al ooit gehoor dat iemand so iets sê? Ons almal het eienskappe wat in ons families oorgedra word, of omdat ons iemand naboots. Dit is ‘n aanmaning dat ons daaglikse aksies beleggings is in die volgende generasie, selfs al voel ons dae doodgewoon. Paulus weef hierdie waarheid deur die eerste hoofstuk van sy tweede brief aan Timoteus.

Paulus sien Timoteus as ‘n geestelike kind, en hy gee Godgegewe wysheid aan hom en bemoedig hom. Paulus herken ook dat die lyn van geloof nie met hom begin het nie, dus gee hy erkenning aan Timoteus se ma en ouma. Of jy ‘n moeder met kinders in jou huis is, of ‘n geestelike moeder vir die gemeenskap rondom jou is, bid ek dat jy bemoedig sal word deur Paulus se woorde. Paulus loof Timoteus se geloof en komplimenteer die vrouens wat daardie geloof aan Timoteus gedemonstreer het. As vrouens, kom ons maak dit ons hoogste prioriteit om vir die volgende generasie ‘n fondament te lê van volle vertroue in ons God.

Op dieselfde wyse wat geloof en lofprysing van ons ouer generasies oorgedra is, het sondige eienskappe ook deur die familie gevloei. Ons is almal gebroke mense. Miskien verstaan ek Timoteus, want ek is geneig tot bekommernis en vrees.

As hierdie brief aan my gerig was, sou ek Paulus gestop het by “dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur weer moet aanblaas.” (v6)  en aangedring het op ‘n klein vlammetjie wat net sigbaar was as iemand waarlik daarna soek. “Paulus, ek sal daaraan dink om my gawes te gebruik, maar slegs as ek dit op die agtergrond kan gebruik, op ‘n manier wat min aandag trek en selfs minder kritiek ontlok. Paulus, as jy waarlik my verlede en my vatbaarheid ken, dan sal jy weet dat die kleinste vlam waarlik al is wat ek kan hanteer.”

“Terwyl ons praat van wat die vorige generasies oorgedra het, moet jy weet dat ek ook groot vrees ontvang het. Ek is van nature te bekommerd, te angstig en te skugter om so dapper vir die evangelie te wees.”

Ek weet nie of dit Timoteus se antwoord was nie, maar as dit was, stop Paulus die redenasie. Ek weet dat dit vandag my reaksie is, maar Paulus maak my argumente stil met sewe kragtige woorde.

Die Gees wat God ons gegee het – sewe eenvoudige woorde, in sterk kontras met die openingsherhaling van hierdie brief.

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (v7)

Ons het almal die vlek van sonde van ons voorouers geërf. Dit is die slegte probleem van menslikheid waarvan niemand kan ontvlug nie. Die Gees wat God ons gegee het – Hy het eers vir ons Jesus gegee as die offerande vir wat ons vlees en sonde verdien het, sodat ons bevryding kan ervaar. Die Gees wat God ons gegee het – die Heilige Gees leef elke dag in ons met die krag om dít wat ons vlees geërf het, te oorkom. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Die wonde wat van jou familie af oorgedra is; die pyn wat jy nog altyd gedra het, die sonde waartoe jy die meeste geneig is – geen een van hierdie het die laaste sê nie.

Wat jy geërf het van die vlees is oorkom deur wat God vir jou gegee het deur Sy Gees.

Ons het ‘n nuwe gees, en ek bid dat wanneer mense sien dat ek in krag, liefde en selfbeheersing wandel, hulle sal sê, “Sy loop net soos haar Vader.”