Jy mag nee sê

Banke is ‘n goeie voorbeeld van hoe om nee te sê, sonder enige skuld gevoel. Waarom? Want elke versoek is nie noodwendig tot die beste voordeel van hulle kliënt nie.

Ongelukkig is dit alreeds ‘n uitdaging as ‘n nuwe besigheids eienaar om ‘n klient te kry, so dit is vanselfsprekend dat ons als in ons vermoë sal doen om ons kliente gelukkig te probeer hou. Dis ongelukkig nie al dag lonend as ‘n besigheids eienaar om altyd ja te sê vir elke versoek van ‘n potensiële klient nie.

Hoe neem ons beheer van die vrees om nee te sê en nogsteeds ons kliente gelukkig te hou?

Dis die moeilike gedeelte in besigheid. Ek is een van die tipe besigheid eienaars wat altyd uit my pad sal gaan, my tyd en planne sal opoffer om te help. Ek glo in goeie kliente diens, maar ek moes tot die gevolgtrekking kom, dat dit somtyds nodig is om ook nee te kan sê. Ongelukkig hoe meer jou kliente die woord JA hoor, hoe meer verwag hulle van jou. In die proses is jy besig om jou waarde te verlaag as gevolg van jou eie vrese.

Die vrees om ‘n klient te verloor of slegte reputasie te kry, selfs die vrees om iemand se gevoelens seer te maak kan redes wees dat jy probeer om almal gelukkig te hou ten koste van jouself en jou besigheid se oorlewing. Die woord NEE is nie slegte kliente diens nie. Gebruik gerus die volgende resep as jy ‘n gevoel kry dat sekere vereistes bo jou vuur maak plek is:

  1. Goeie en eerlike kommunikasie
  2. Wys dat jy die probleem verstaan en simpatie het met jou klient
  3. Wees bereid om die probleem op te los
  4. Stel ‘n plan van aksie voor wat in lyn met jou maatskappy se terme en voorwaardes is.

Partykeer kan ‘n mens net nie tot ‘n vergelyking kom nie, selfs al is al die bogenoemde stappe geneem om jou klient gelukkig te hou. Maak seker jy het ‘n teenaanbod wat jy aan die klient kan bied. AS die klient nogsteeds onwillig of ongelukkig is, is die mag nogsteeds in jou hande, want nou kan jy met selfvetroue nee sê aangesien jy gewillig was om te onderhandel en die klient jou oplossing verwerp het.

Spreuke 15:1 stel dit so mooi dat enige konflik met wysheid, liefde en respek opgelos kan word. Onthou altyd, as jy ja sê vir jou klient, moet jy nie nee sê vir jouself nie.

Vorige artikelStaan op en oorwin die reus
Volgende artikelStukkies van die Lewe
Blogger - Reshané Viljoen
Professionele Modeontwerper, skilder en besigheidseienaar van Business Women Network. As vrou het ek ondervind dat die pad na sukses stresvol, tydsaam en soms alleen voel. Daarom is my grootste passie om ander vrouens te inspireer, te motiveer en te ondersteun. My besigheidsblad deel graag professionele raad, kennis en besigheidsondersteuning. Dit bied ook ‘n veilige platform aan vrouens om hulle aan te moedig om hulle volle potensiaal te bereik. Volg gerus my Facebook blad, Business Woman Networking Group of webtuiste www.businesswomannetworkgroup.co.za