Kaf of koring?

waarheid

U is so groot
U is so wonderlik
U is
So baie mooi

U het die blindings van my hart kom afhaal Pappa
Al die blindings
Wat nog altyd vir my vertel het
U is nie waarlik mooi

Oe Abba U weet dit
U weet hoe sê die wêreld
Oor en oor vir ons dieselfde ding
Julle God is nie goed

Oe Pappa
Ek weet nie lekker
Ek verstaan nie
Hoe kan ons twee se opinies oor U so hemelsbreed verskil?

Pappa
Die wêreld vertel ons een ding
Die Woord van God ‘n ander
Hoe kan albei waar wees?

Kinders sê Daddy-God
Kan Pappa net vir julle vertel
Ek stem saam
Die wêreld is verkeerd

Ek wil nou nie net blaam op ‘n ander sit
Sodat Ek nie skuldig lyk
Nee liefste kinders
Pappa wil net die waarheid praat

Ek weet
Sê Daddy-God
Ek weet
Dis dikwels baie moeilik om My te vertrou

Dis die dinge
Wat die wêreld julle oor My vertel
Wat maak
Dat julle My nie voluit kan liefhê

Kinders
Sê Daddy-God
Dis altyd My hart
Altyd My hart om julle nader aan My te bring

Dis nie iets wat hierdie wêreld
En haar leuens regkry
Dis glad nie so nie
Dis daarom dat Ek sê, so sal jy weet

So sal jy die kaf van die koring kan skei
My liefste kinders
Sê Pappa
Altyd en altyd en altyd

Oe daar is min mense
Min mense wat My goed ken
Die meeste mense gee maar gou op
En leer My deur die wêreld ken

Oe Abba-God se kinders
Kan Ek julle net vertel
Die waarheid oor My
Gaan julle nooit so vind

Oe kinders
Sê Pappa-God
Ek is die skoonste, reinste, mooiste waarheid
Wat jy ooit sal kan vind

Begin verder soek
Liefstes van My hart
As net die bolangse soek
Tussen wat die wêreld julle oor My vertel

Kinders sê Daddy-God
Daar is diamante wat wag
Heelwat van hulle
As julle net ja sou begin sê.