Kagiso Rabida

0
15
Kagiso Rabida

Aan die begin van hierdie jaar het Kagiso Rabida glad nie ‘n goeie dag op die krieketveld gehad toe hy op Nuweveld in ‘n T20-wedstryd gespeel het nie.

Aan die begin van hierdie jaar het Kagiso Rabida glad nie ‘n goeie dag op die krieketveld gehad toe hy op Nuweveld in ‘n T20-wedstryd gespeel het nie.

In sy eerste twee boulbeurte het die kolwer sommer 29 lopies van Kagiso se boulwerk geslaan. Dit is genoeg om enige speler se moed te breek. Maar Vrydag het hierdie selfde speler vir die eerste keer vir die Proteas gespeel, en sommer die rekords laat spat. Kagiso het in die eerste plek drie kolwers na mekaar met slegs drie balle uitgehaal. So het hy die eerste Suid-Afrikaanse speler geword wat ʼn driekuns kon behaal in sy debuutwedstryd. Hy het ook die Proteas se beste boulontleding te alle tye behaal deur in totaal 6 boulers terug laat stap na die kleedkamers, terwyl daar net 16 lopies van hom geslaan is!

Ek vertel hierdie storie want ek sien sy afrigter sê: “Suksesvolle spelers is die ouens wat nie te veel worstel oor dinge nie, veral nie terugslae nie…. Kagiso het die ervaring op Nuweland nodig gehad om te groei, maar dit het hom nie mismoedig gemaak nie.” Ja, suksesvolle mense broei nie op hulle mislukkings nie. Hulle stap aan. Dit is soos die jongmense sê: “Bou ʼn brug en kom daaroor.”

Hagar het van Sara af weggeloop omdat Sara haar so sleg behandel het. Maar daar in die woestyn het die Engel van die Here vir Hagar gesê: “Gaan terug na jou eienares toe en onderwerp jou aan haar gesag.” Hagar moes teruggaan na Sara en haar probleme in die oë kyk. Dit is wat ons dikwels moet doen: Ons probleem in die oë kyk en ons nie daardeur laat onderkry nie, deur bloot aan te gaan met ons lewe (Gen. 16:9).