King Price Nuwe Jy-fees & pretdraf

King Price Nuwe Jy-fees & pretdraf

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Of jy wil fiks word, gesonder wil eet, of ’n meer positiewe ingesteldheid wil hê, sluit by ons aan vir ’n dag van fiksheidsklasse, paneelbesprekings en werkswinkels.

Die Nuwe Jy-fees begin met ’n pretdraf van 5 km op die Serengeti Gholflandgoed. As jy nie vir die pretdraf kans sien nie, kan jy kies om ’n rek-en-strek-sessie te doen saam met die 2018 Survivor deelnemer Werner Joubert.

Die tema vir die dag is eiland – pynappels, palmtakke en kokosneute. Daar is ook ’n prys vir die oorspronklikste uitrusting.

Sprekers

Linda Kriel Nuwe Jy Fees
Linda Kriel
Fiksheids-guru

Oefensessie wat jy by die huis kan doen om fermer en fikser te word.

Catherine van Heerden Nuwe Jy Fees
Catherine van Heerden
Sielkundige

Is jy altyd op dieet? Dink anders en neem beheer oor jou gewig en gesondheid.

Mandi Baard Nuwe Jy Fees
Mandi Baard
Aktrise en TV-aanbieder

Oorweldig deur mawees, vrouwees, jou werk en die huis? Maak tyd vir jouself en leef jou beste lewe.

Sunet Vermaak Nuwe Jy Fees
Sunet Vermaak
Stylafrigter, Glam Guru

Watter 10 kledingstukke moet elke stylvolle vrou in haar kas hê?

Dr Elmie Nel Nuwe Jy Fees
Dr Elmie Nel
Estetiese dokter

Wat jy nog altyd wou weet oor die nuutste tegnologie om 10 jaar van jou gesig weg te stroop.

Tanya van der Merwe Nuwe Jy Fees
Tanya van der Merwe
JB Makeup

Praktiese grimeerraad om op jou beste te lyk met wat jy het, in net 15 minute.

Leigh-Ann Burger

Musiek is effektief vir selfsorg, ontspanning en die hantering van stres. Kom maak jou koppie vol met hierdie musiekterapie sessie aangebied deur die Suid Afrikaanse Musiekterapie Assosiasie.

Izelle Hoffman
Leefstylsjef

Seremoniemeester by die Feestent

Nathanya van Zyl Chapman

Seremoniemeester by die Nuwe Jy-kenner lokaal

Kunstenaars

Adam Nuwe Jy Fees
ADAM
Kunstenaars
Chané Valentine Nuwe Jy Fees
Chané Valentine
Kunstenaar

Program

Datum | Saterdag, 19 Oktober 2019
Plek | Serengeti Gholfklub, Kempton Park

Pretdraf
  • 5 km pretdraf 7:30 AM
  • Rek-en-strek-sessie 7:30 AM
  • Stalletjies open 8:00 AM
  • Kroon pretdraf wenner 9:00 AM
Feestent
  • Chané Valentine 8:45 AM
  • Kroon "Best Dressed" wenner 9:00 AM
  • Musiekterapie 9:35 AM
  • Zumba klas 10:45 AM
  • Linda Kriel 11:30 AM
  • Pound klas 12:15 PM
  • Linda Kriel 13:00 PM
  • Nuwe Jy-wenner 13:45 PM
  • ADAM 14:30 PM
  • Catherine van Heerden 15:30 PM
Nuwe Jy-kenner lokaal
  • Catherine van Heerden 10:00 AM
  • Dr Elmie Nel 10:45 AM
  • Mandi Baard 11:15 AM
  • Sunet Vermaak 12:15 PM
  • JB Makeup 13:00 PM
Hoe oud is jy regtig? (R100)
  • Hoe oud is jy regtig? 08:00, 10:00, 12:00

    Al gewonder waarom sommige mense op 30 soms 40 jaar oud lyk en voel? Ander is op 50 nog jonk en vol energie.
    Vind uit hoe vinnig of stadig jóú liggaam verouder en waarom. Klim ook op die Inner Body Scanner en leer meer van jou liggaam, soos jou vetpersentasie, binnevetpersentasie, beenmineraalinhoud en biologiese ouderdom.
    Herbalife-Ontbytpak ingesluit
    R100 (Bespreek jou plek vooraf, KLIEK HIER)

#DOENgoed

Onthou om enige klere of skoene wat jy nie meer dra nie na die Nuwe Jy-fees toe te bring, die items gaan aan Helpende Hand se ONS winkels geskenk word. 10% Van kaartjieverkope word ook aan Helpende Hand se FroueVonds geskenk.

Kaartjies

Gratis oefensessies, gesondheidstoetse, masserings, vermaak, werkswinkels en méér!

VERKOPE IS NOU GESLUIT

  • Daar sal wel Saterdag kaartjies by die hek verkoop word. registrasie

Stalletjies

logo-annabelle
logo-baruch
logo-blue-sparkling
logo-calm
logo-cansa
logo-cariaans-jewellery
logo-combra-self-defence
logo-cyla-gonsolves
logo-doterra
logo-el-gibbor
logo-fines4u
logo-Isigidi
logo-KuriAme
logo-leefi
logo-liewe-ekke
logo-lu-may
logo-movepretty
logo-pretoria-vellies
logo-pretty-girly
logo-pure-primal
logo-temptu
logo-tvh
logo-viwa

Met trots geborg deur: