Kalmerende Kamille gesigspoel

0
247

Kamille tee het natuurlike anti-inflammatoriese eienskappe, nie net wanneer dit gedrink word nie, maar ook as dit aangewend word op die vel.

Probeer hierdie kamille tee gesigwas – buiten dat die vloeistof help om die irriterende stuifmeel partikels weg te was, help die kalmerende effekte van die kamille tee om die gejeuk en vel-irritasie te verminder.

Resep:

Week 2 sakkies kamille tee in 200 ml kookwater vir 3-5 minute.

Verwyder die teesakkies en laat dit afkoel tot kamer temperatuur, of in die yskas tot dit koel is.

Gebruik die tee om:

  • Jou gesig af te spoel
  • Jou oë uit te spoel
  • Doop n stukkie watte in kamille tee om die vel mee skoon te vee
  • Plaas die nat, gebruikte teesakkies op jou ooglede (oë toe) vir 5-10 minute