Kan ek gesonder lyk?

382

Hier is ’n paar maklike wenke om ’n dowwe, moeë gelaat weer lewe en glans te gee en te bevogtig.

’n Egalige, glansende velkleur, hoë wangbene, ’n skraler gesigvorm en ’n bietjie kleur op die lippe en wange kan wondere vir jou selfbeeld verrig.

Begin deur jou vel met ’n verbronsende basislagie (primer) of ’n vogroom met ’n ingeboude basislaag voor te berei.

Gebruik ’n verbloemer om donker kringe, rooiheid en pigmentasie te bedek.

Die regte verbloemer onder en aan die binne- en buitehoeke van jou oë, die buitekant van jou neus en aan die kante van jou mond sal help om tekens van moegheid of veroudering weg te toor.

Wend ’n gekleurde bevogtiger bo-oor aan. ’n Stippelborsel wat amper so groot soos ’n poeierborsel is, is handig hiervoor.

Gekleurde bevogtiger is gewild aangesien dit dieselfde effek as onderlaag gee, maar terselfdertyd lig en gemaklik op die vel voel.

Jy kan ’n kontoer skep deur met ’n lipstiffie of -stokkie ligte en donker skaduwees te maak. Gebruik donker bronzers onder en ’n verligter bo-op om die wangbeen te beklemtoon.

Laastens volg jy dit op met ’n lip- en wangtint, ook in ’n romerige vorm, op die wangbeen vir blosser, oogskadu en lippe. Gebruik pienk vir ’n donkerder gelaat en perskekleur vir ’n ligter vel.

Werk dit sommer met jou vingers in, op jou wangbeen en vir kleur op jou lippe. Nou kort jy nog net maskara en dan is jy gereed.

Die grimeringreeks wat ons vir hierdie effek voorstel, is LUMA – nuut en vars op die mark en goeie velsorg daarby.

JB Make up Jolanda Bedeker en Tanya van der Merwe, JB Makeup

Kliek hier vir meer videos en artikels deur JB Makeup.