Kan jy ’n perfekte vel met ʼn pil kry?

0
38
vel.jpg

Die verrassende antwoord is ja – in ʼn mate. Maar lees eers hier voor jy daardie eerste tablet sluk.

Ek’s ʼn aandeelhouer in ʼn suksesvolle maatskappy, ʼn eggenoot en ma. Ek voel ek lyk goed maar ek besef dat stres en ʼn swak dieet wys in my voorkoms. Watter aanvullings kan ek gebruik om langer jonk te bly lyk? - Julie Breytenbach, 31

Die aanvulling Forcapil Hair and Nails (R128), by Dis-Chem

Hoeveel sterre gee sy dit ★★★

Hforcapilulle sê Die aanvulling bevat verskeie bestanddele wat nodig is om gesonde vel, hare en naels te handhaaf, hoofsaaklik biotien, sink, Vitamiene B en D. Neem twee tablette per dag vir minstens ʼn maand om die vrugte hiervan te pluk.

Wat jy moet weet Dokters noem dat daar nie klinkklare bewyse is dat sulke aanvullings dieselfde waarde het as ʼn gesonde dieet nie. As jy egter hou by die aanbevole dosis van ʼn mooimaakpil, is daar ook nie risiko aan verbonde nie.
Nietemin moet jy met jou dokter praat voordat jy sulke aanvullings neem. Selfs al is dit sonder ʼn voorskrif beskikbaar, kan dit ʼn effek hê op bestaande gesondheidstoestande of allergieë. En dit kan ook ʼn uitwerking hê op mense wat chroniese voorgeskrewe medikasie gebruik.

My ervaring Ek het die pille in Januarie begin neem op dieselfde tyd toe ek my eetgewoontes verander het. Ek kan ʼn verbetering in my vel en hare sien. Bygesê, jy sal sulke aanvulling op die langtermyn moet neem as jy regtig voordeel daaruit wil trek. Dit moet, net soos oefensessies by die gym, deel wees van jou daaglikse program.

Pille vir elke velkwessie

PIGMENTASIE Crystal Tomato (R2 225 vir 30 kapsules), verkrygbaar by estetiese klinieke en dokters, is ʼn karotenoïede aanvulling gemaak van wit tamaties. Die aanvulling versterk jou natuurlike weerstand teen UVA en UVB strale. Sodoende kan velverdonkering in die vorm van aknee, sproete en ouderdomsvlekke voorkom word.

PLOOIE Vitamien D3 aanvulling is nodig aangesien meeste van ons ʼn tekort hieraan het. Vitamien D word deur jou liggaam vervaardig tydens sonblootstelling, maar ons vermy immers die son en gebruik sonskerm. Die antwoord is Lamelle Ovelle D3 (R498 vir 60 kapsules), verkrygbaar by estetiese dokters. Die tablette beskerm kollageen en hou jou vel elasties.

Geskryf deur Ryno Mulder