Kaneelrolletjies

0
580
cinnamin_rolls.jpg

Nagereg vir iemand? Basta met die gewone poedings, hierdie kaneelrolletjies is fantasties en só maklik!

Genoeg vir 6 persone
Tyd: 1 uur

BESTANDDELE
1 pakkie gekoopte brooddeeg
375 ml bruinsuiker
kaneel
1 pakkie pitlose rosyne
250 ml room

METODE
1. Rol die deeg in ’n reghoek van ongeveer 3 mm dik uit. Strooi die helfte van die bruinsuiker bo-op en sprinkel ’n bietjie kaneel oor.
2. Sprinkel die rosyne bo-oor en rol op. Sny in wieletjies van ongeveer 1,5 cm dik.
3. Plaas die wieletjies langs mekaar in ’n Alles-in-een-bak. Strooi die res van die suiker en kaneel oor.
4. Giet die room bo-oor en bak 45 minute teen 160 °C.