Karlien van Jaarsveld: God se seën

0
130
Karlien_van_Jaarsveld_0.jpg

Karlien deel hierdie pragtige boodskap oor God se seëninge vanoggend op haar Facebook-blad:

-God se seën-
Een ding wat my altyd byval is die mens se verstaan van die woord seën. Asof seëninge aanvaar word as, finansiële voorspoed. Leerlingraad word. Mooi karre ry. In groot huise bly ens. Daarom verstaan ek dat soveel mense rondloop met die leun, dat God se seëninge nie op hulle rus nie. Die wêreld het 'n wanpersepsie daarvan weergegee. Ons het so vasgevang geraak in wat die WÊRELD bied, en hoe hy lyk en hoe ek dan moet wees om ook 'gelyk' te wees met die res, ook 'geseënd' te wees. God sê Sy oë deursoek die aarde en sien die mens se hart. Dit wat buite aangaan dra geen waarde nie. Uit die hart uit vloei alles, bewaar die hart sê die Here. God ken jou hart se oordenkinge, en Hy sê al die strooi en stoppels sal van ons wegbrand en net dit wat ewigheidswaarde het, sal oorbly.

Hy sê wees dankbaar in alles Met ander woorde, wees dankbaar dat jy nie weet hoe jy die maand gaan kos op die tafel sit nie, wees dankbaar vir die werk wat jy nie gekry het nie, wees dankbaar in siekte, in miskraam, in dood. Dit klink of dit nie sin maak nie? Vir die mens is dit onsin, want ons het emosies en reageer vanuit dit wat ons ervaar. God is die enigste een wat kan doop met vuur. En waarom sal ons deur die vuurdoop gaan? Om meer soos ons Pa te lyk. Om al hierdie wêreldse stof wat aan ons klere klou af te skud. Om dit wat vir die blote oog na seëning lyk mis te kyk en God in die vuur te sien, te voel, te dank. Die Woord sê, dis maklik om iemand lief te hê wat jou liefhet, maar die God-geaardheid lê juis daarin om iemand lief te hê wat jou haat, wat jou sleg sê. Ons moet verstaan seën is nie soos ons daaroor dink en deur die jare geleer het nie. Dis nie roem en geld en gewildheid nie. God seën jou in die vuur. In jou armoede, in jou stukkende skoene, in jou siekte, in dit wat ons as sleg ervaar, want alles gaan oor God, en deur jou loop op aarde moet jou menslikheid wegbrand dat daar net Geesmens oorbly. Net dit. Want met net dit sal jy God sien, en ken, en hoor en Hy sal vir jou word, die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Jy sal naak staan en Hy sal jou klee. Jy sal honger wees en Hy sal jou voed. Jy sal dors hê en Hy sal jou gee om te drink wat jy nodig het. Staan in totale afhanklikheid van God, want dis net Hy in wie alles volbring is en volmaak is. En Hy sal jou gee die begeertes van jou hart. Maar soek allereers die koninkryk van God. God het vir jou 'n hoopvolle toekoms beplan (jer29:11) een waarin Hy jou deel wil hê aan die bruid van Christus, nie die rykste ou op aarde met die duurste skoene in sy kas en die nuuste bmw sleutel in sy sak nie. Hierdie wat ons sien is tydelik. Ons moet in dit wat ons nie sien nie, die onsienlike, daar waar God is, begin leef, en 'n verstaan kry van hoekom ons met sekere situasies te doen kry. God se hart in die situasie soek en Hom te eer vir dit waarvoor Hy jou voorberei. Die ewigheid.

Liefde
Karlien