Lewer 8 porsies
BESTANDDELE
SOUS
125 ml tamatiesous
10 ml kerriepoeier
75 ml blatjang
60 ml olie
60 ml wit asyn
185 ml suiker
sout na smaak
SLAAI
500 g (1 pak) skulpienoedels
1 ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
410 g (1 blik) perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
125 ml rosyntjies
METODE
SOUS: Meng bestanddele vir sous in skudfles. Skud van tyd tot tyd. Los 24 uur lank in yskas.
SLAAI: Kook pasta in borrelende water met ’n bietjie sout tot al dente (net gaar). Dreineer en laat afkoel.
Roer oorblywende slaaibestanddele by afgekoelde pasta.
Roer sous by en sit voor.
WENK!
Die slaai kan lank in die yskas gehou word.
Lekker & Vinnig: Kerries is te koop by alle goeie boekhandelaars of direk by LAPA Uitgewers (www.lapa.co.za of 012 401 0700) teen R75.