Kersfeesslaai

0
174
kersfees_slaai.jpg

Kersfees is ’n tyd vir saamwees om die etenstafel. Kies uit ons resepte wat spesiaal vir die geleentheid uitgesoek is. Hierdie Kersfeesslaai is ’n wenner om die etenstafel!

Genoeg vir 4
Tyd: 25 minute

BESTANDDELE
300 g dun groenbone, puntjies afgesny
200 g kersietamaties
15 ml olyf- of avokado-olie
10 ml seesoutvlokkies
125 g bokmelkkaas, in skywe gesny
30 ml olyf- of avokado-olie
15 ml balsemasyn

METODE
1. Verhit die oond tot 200 °C. Blansjeer die groenbone vir 7 minute in kookwater. Dreineer en plaas in ’n bak met yskoue water. Hou eenkant.
2. Plaas die tamaties op ’n bakplaat en bedruip met die olie. Sprinkel seesoutvlokkies oor en rooster vir 10 minute tot sag.
3. Rangskik die groenbone op ’n opdienbord. Plaas die tamaties bo-op, gevolg deur die kaasskywe.
4. Bedruip met ekstra olie en balsemasyn voor opdiening.

Resep en stilering: Vicky de Beer en Leila Saffarian bygestaan deur Jana van Sittert
Fotograaf: Lee Malan en Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family