Ketel

Ek het een jaar met my verjaarsdag gekla by my man ek soek ‘n ordentlike ketel.

Al my ketels wat ek tot dusvêr gehad het, hou net ‘n jaar of twee.  Ek dink dit kan dalk wees omdat ek so mal oor my koffie is!  Vir hierdie rede wou ek graag ‘n ketel hê wat van die beste kwaliteit is, wat natuurlik beteken dit gaan ‘n redelike prys kos!  Daarom het ek besluit dis vir ‘n goeie geleentheid en het omtrent my man om my pienkie gedraai totdat hy ja gesê het.

Ek het hom verseker dis die moeite werd en dat hierdie ketel sommer nog baie lank gaan hou.  Na my baie gekerm, het ek uiteindellik my nuwe ketel ontvang!  Kort-kort sou ek dit afvee en seker maak alles werk nog.  Skaars twee dae later kom ek by die huis en vang my dogter eiers kook in hierdie einste ketel!!

Ek was diep seergemaak, want dit was ‘n duur geskenk en een wat vir ‘n spesifieke doel gekoop is.  Dit was vir my hartseer dat iets waarvoor ons so duur betaal het, nie gebruik word vir die doel waarvoor dit geskep is nie.

Dis meer hartseer as ons, wat met ‘n baie duur prys gekoop is, nie ons doel uit leef waarvoor ons gemaak is nie. Ek kan my net in dink hoe hartseer ons Vader is, wat ons met Sy eie hand gemaak het, as ons nie “funksioneer” soos ons moet nie. Ons vul onsself gedurig met negatiewe gedagtes, wêreldse begeertes wat net tot gebrokenheid lei in plaas daarvan om ons vol te maak met God se teenwoordigheid en Sy gedagtes. Juis wanneer ons dit doen, is Sy belofte dat strome van lewende water uit jou binneste sal vloei  – Joh:38

Vorige artikelLaaste Woorde
Volgende artikelHOE OM… te weet wat God se wil is
Blogger - Lizelle de Kock
Lizelle de Kock is ‘n vrou vir Mark de Kock en ma van 3 dogters, Kaylin (11), Jessica (9) en Madison (4). Sy is meer bekend as die stigter van die partytjie maatskappy, Organizit Party Styling wat op verskeie programme soos Pasella, Die Groot Ontbyt op Kyknet en VIA TV verskyn het. Haar werk is ook in talle nasionale tydskrifte soos Living & Loving, Baba & Kleuter, Vrouekeur, Huisgenoot & Idees-tydskrif te sien. Met 'n suksesvolle boek (PARTY TIME) wat in 2015 vrygestel is, het sy haar merk as 'n betroubare partytjie stilis in Suid-Afrika gemaak. Haar diep passie lê egter daarin om ‘n verskil in vrouens se lewens te maak deur hulle te help om hulle doel te ontdek en dit met vryheid uit te leef. Dis ook om hierdie rede dat sy ingeskryf het vir Mev SA 2017 en gekies is as een van die land se Top 100 semi-finaliste. Deur haar agtergrond in kreatiewe partytjies en geleenthede te gebruik, bring sy 'n nuwe openbaring aan elke vrou se doel deur middel van 'n kreatiewe werkswinkel wat sy landwyd aanbied.