Kevin Leo doen wát?

0
229
kevin_leo.jpg

Suid-Afrika se Pavarotti gee nou nuwe betekenis aan dinner and a show met sy Singende Sjef-onderneming. Sit agteroor en geniet Kevin Leo se ongelooflike sang terwyl hy, ja Kevin self, vir jou kosmaak!

Is jy lus vir iets anders by jou volgende partytjie? Wat sal jy sê as Kevin Leo persoonlik vir jou kom kosmaak, in jou eie kombuis? En dan gaan hy boonop uit volle bors sing terwyl hy heerlike disse optower vir jou gaste. Klink dit soos iets uit ʼn Italiaanse kookprogram? Miskien. Maar dit klink beslis ook na vet pret! Kyk die video hieronder om meer inligting te kry, en hou hierdie blad dop vir ʼn voorsmakie van hoe hierdie Singende Sjef jou partytjies gaan opvrolik.