Kies vreugde te midde van beproewing

Liewe vriendin, dit nie ‘n kwessie is van ‘as’ die beproewinge kom nie, maar eerder ‘wanneer’ dit gaan kom … en die vraag is: hoe gaan jy daarop reageer?

Ons kan kies om die ‘vreugde’ in die beproewing raak te sien en daardeur te leer en te groei, of ons kan kies om daarteen te skop en te baklei en daardeur uitmis op persoonlike groei wat ons deel kon word deur hierdie ervaring.

Dit voel soms wanneer jy deur beproewinge gaan, asof jy die enigste persoon is wat ooit deur iets so moeilik, so pynlik, so intens moes gaan. Daar is egter vertroosting … jy is nie alleen nie.  In amper elke verhaal in die Bybel, of dit nou Rut is wat sukkel om kop bo water te hou, Abraham wat aan God se beloftes vasklou te midde van die wag, of Moses wat sy bes doen om ‘n klomp willose volgers deur die woestyn te lei, as ‘n dogter van die Koning van die Konings, is jy deel van ‘n ongelooflike geslag van oorwinnaars.  Moet nooit die lesse vergeet wat ons kan leer uit ons voorgangers wat deurgedruk het deur hulle beproewinge en vir ons kom leer het dat God ons beproewinge in oorwinnings kan verander.

Ons het dus ‘n keuse.  Sal ons leer en groei uit ons beproewinge en God toelaat om dit in oorwinnings te verander?  Of gaan ons kies om onsself af te sluit, ons harte verhard en die waardevolle lesse mis wat ons kon help om volharding te ontwikkel en te groei tot geestelike volwassenheid?

Dit beteken nie dat jy maak of jy gelukkig is en met ‘n vals glimlag op jou gesig rondloop terwyl jy eintlik stukkend binne is nie.  Dit beteken nie dat jy voorgee dat jy nie worstel met twyfel of sukkel om te sien hoe God enigiets goeds uit hierdie situasie kan bring nie.  Dis ‘n geval van kies om geluk te vind te midde van die hartseer.  Dis ‘n geval van toegee aan God se plan in plaas van jou eie en die besef dat Sy weë nie jou weë is nie, maar dat Sy weë op die ou einde altyd goed is, want Hy is goed.

God gebruik beproewing in ons lewens vir dieselfde doel.

Wanneer beproewinge oor jou pad kom, herinner jouself hieraan:

  1. Jou denkwyse affekteer die uitkoms.
  2. Kies om dankbaar te wees vir die beproewinge, vir wat dit in jou kan ontwikkel.
  3. Soek na maniere om uit jou beproewinge te leer.
  4. Verander slapelose nagte in geleenthede vir gebed.
  5. Kies om beproewinge te sien as ‘n geleentheid om te groei.

Onthou, te midde van die beproewinge in ons lewens, belowe God om ons nooit te verlaat of in die steek te laat nie.  Jy is nie alleen nie en sal nooit alleen daardeur hoef te gaan nie.  Die Een wat gewilliglik aan die Kruis vir jou gehang het sodat jy vir ewig saam met Hom kan wees, het jou lief.