Genoeg vir 4-6
Tyd: 10 min
BESTANDDELE
- 200 g donker sjokolade
- 250 ml room
- 5 ml vanieljegeursel
- 15 ml bruinsuiker
- 20 g botter
METODE
- Meng al die bestanddele saam en verhit in ’n klein kastrol oor matige hitte.
- Roer aanhoudend totdat al die bestanddele gesmelt en gemeng is.
- Giet die sous in ’n sousbeker en bedien met regte vanieljeroomys.
- Vir variasie op die sous, voeg geroosterde, gekapte pekanneute of 5 ml lemoenskil en 30 ml lemoensap by.