Klassieke steak met ‘n geurige marinade

0
58
steak

As jy hou van jou steak medium-rou bak dit vir 3-5 minute aan elke kant, vir ‘n medium steak bak dit 5-7 minute aan elke kant.

BESTANDDELE

30 ml braaisous
30 ml Worcestersous
1 knoffelhuisie, gekneus
4 x 150 g steaks
125 ml hoender aftreksel
sout en peper

METODE

1.    Meng die braaisous, Worcestersous en knoffel in ʼn vlak bakkie. Voeg die vleis by en bedek aan albei kante met die mengsel. Verhit ʼn braaipan tot rookwarm of maak seker jou kole is baie warm.
2.    Braai die steaks vir 2-3 minute aan elke kant, of soos verkies.
3.    Meng die oorblywende marinade met die hoenderaftreksel en prut oor hoë hitte vir 4 minute tot die vloeistof effens verminder het.
4.    Bedien die steak met sout en peper en drup van die sous oor.

WENK

As jy hou van jou steak medium-rou bak dit vir 3-5 minute aan elke kant, vir ‘n medium steak bak dit 5-7 minute aan elke kant. Vir ‘n medium-gaar steak is dit 8-10 minute aan beide kante.