Knus komberse vir ’n koue winter

0
189
komberse_hertex.jpg

Moenie toelaat dat die winter jou onderkry nie. Min dinge is so lekker soos om snoesig onder ’n mooi kombers te sit.

komberse.jpgDis nie altyd maklik om komberse te vind wat nie net mooi is nie, maar ook van goeie gehalte. Nou het Hertex die werk vir jou gedoen. Met hierdie mikroveselkomberse sal jy nie kan wag om te gaan inkruip nie.

Dit word plaaslik vervaardig en bestaan uit vyf eksklusiewe ontwerpe – ’n dramatiese chevron oor twee natuurlike kleure, ’n pragtige Suid-Afrikaanse ontwerp in neutrale skakerings, ’n spoggerige swart-en-wit kombers en ook ’n meer konserwatiewe ontwerp.

Kyk sommer nou daarna op www.hertex.co.za om jou verbeelding vrye teuels te gee.