Koeskoes met geroosterde bababeet-en-patatslaai

0
296
cous_cous.jpg

Trakteer jou gesin in hierdie warm maand op koue geregte wat geurig en vullend is en in ’n japtrap voorberei kan word. Hierdie Koeskoes met geroosterde bababeet-en-patatslaai is perfek vir die vakansietyd.

Genoeg vir 4
Tyd: 20 minute

BESTANDDELE
800 g bababeet, geskil
300 g patats, gewas en opgekap
90 ml olyf- of avokado-olie
20 ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
200 g gaar koeskoes
100 g fetakaas, gekrummel
45 ml vars platblaarpietersielie
30 ml vars grasui, gesnipper
120 g boerbone, geblansjeer

SLAAISOUS
45 ml olyf- of avokado-olie
skil en sap van 1 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

METODE

  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Plaas die beet in ’n klein oondroosterbak en die patats in ’n ander een. Verdeel die olie en die botter tussen die twee bakke en meng met die groente. Rooster tot gaar en goudkleurig. Geur met sout en peper.
  3. Skep die koeskoes in ’n opdienbak en skep die beet en patats bo-op. Sprinkel die feta, pietersielie, grasui en bone oor.
  4. Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en sit voor met die slaai.

nbsp;

Resep en stilering: Anna Montali
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Food & Home Entertaining