Sien, hoor en voel die Passiespel

15616

Hierdie toer is ongelukkig reeds vol bespreek. 

 

Een keer in ‘n dekade vir die inwoners van Oberammergau, een keer in ‘n leeftyd vir reisigers. Moenie die mooiste Passiespel ter wêreld misloop nie.

FINESSE PASSIESPEL 2020
Boedapest, Wene, Bratislawa, Praag, Kasteel
Hluboká, Kasteel van Český Krumlov, Salzburg,
Oberammergau, München

Toerleier | Gretha Wiid
Vertrekdatum | 21 September 2020

Kom reis saam met Finesse en Gretha Wiid na Duitsland en kyk hoe die belangrikste weke van ons geloofsgeskiedenis op die Oberammergau-verhoog afspeel.

Kom beleef die onvergeetlike ervaring van ’n groot verhoog met dramatiese groeptonele, afgewissel deur musiek en die wonderlike sang van ’n massakoor.

Wat hierdie produksie uniek maak, is dat dit die wêreld se grootste amateurvertoning is, aangesien die ongeveer 2 000 deelnemers – akteurs, musikante, verhoogtegnici en so meer – inwoners van die dorpie moet wees.

Die Passiespel is nie maar net nog ’n toeristebestemming nie. Vir ’n gelowige is die vertoning iets wat jou hart aanraak en jou geloof verander en verdiep.

So vertel Liesel Krause-Wiid van haar ervaring in 2010: “Toe die spykers Jesus se hande deurboor, het rou krete deur die lug weergalm. My hart het gebreek toe Sy lewelose liggaam van die kruis afgehaal is en Maria snikkend met haar Seun se bebloede liggaam in haar arms sit.”

Bespreek vroegtydig

Die kaartjies na die Passiespele is beperk en word altyd baie vinnig opgeraap. Maak dus seker jy bespreek vroegtydig vir hierdie toer wat plaasvind vanaf Maandag 21 September 2020 tot Donderdag 1 Oktober 2020 deur ʼn epos te stuur na Erina by ontvangs@carpediem.co.za. Sy sal vir jou die volledige reisprogram stuur en ook die besonderhede vir jou bespreking. Sodra jy die deposito van R15 000 betaal het, is jou plek verseker. Die volle toerbedrag is R 44 980 per persoon wat deel en sluit vlugte, verblyf, ontbyt, sekere aandetes en jou kaartjie na die Passiespele in.

KLIEK HIER vir die volledige reisprogram.

LET WEL Die toerprys van R44 980 is per persoon wat ’n kamer deel. Plek is onderworpe aan beskikbaarheid tydens bespreking. Hoewel ons alles moontlik sal doen om ons berekende toerprys vir 2020 te behaal, is tariewe steeds onderworpe aan aanpassings indien nodig.