Korslose souttert

0
1279

BESTANDDELE

45 ml botter
45 ml koekmeel
30 ml mielieblom
500 ml melk
4 groot eiers, geklits
500 ml gerasperde kaas
45 ml gerasperde ui
2 x 300 g (2 blikkies) soutvleis, fyngemaak
10 ml mosterdpoeier
sout, peper, paprika en pietersielie
150 g aartappelskyfies, tamatiesousgeur, fyngemaak

METODE

1. Smelt die botter en roer die meel en mielieblom by. Roer die melk geleidelik by en laat prut tot die sous verdik.
2. Voeg die eiers, kaas, ui, soutvleis en geurmiddels by.
3. Strooi ’n laag fyngedrukte aartappelskyfies in die tertbak en skep ’n laag vleismengsel oor. Herhaal die lae met die res van die bestanddele.
4. Bak die tert ’n halfuur lank teen 180 °C tot goudbruin.