kos laat jou regtig beter voel

0
36
sjokolade.jpg

 Ai, hoe lekker is ’n groot bak pasta darem nie as jy “af” voel nie. Of ’n blokkie (of slab) sjokolade! Dis nie nét in jou kop nie. Daar is fisiese redes ook daarvoor.

Kos laat ons nie net goed voel omdat ons as kinders geleer het dat dit ’n troosmiddel is vir baie van ons ‘n vorm van liefde nie. Daar is ook werklike fisiese redes dat kos ons laat beter voel.

Die “goedvoel”-hormoon serotonin – een van die endorfiene – word gevorm as ons koolhidrate eet, dit is waarom ons baie brood eet en dit soms soos soetkoek verorber. So skep sjokolade dieselfde gevoel as wanneer jy verlief is. So, wanneer jy kyk na die sielkundige aspekte wat keer dat jy jou kos inname beheer, moenie vergeet van die werklike, fisiese effek wat kos op jou het nie.

Lorette Dye