kos op die brein

0
38
kos_op_die_brein.jpg

Voel dit of die enigste lekkerte wat jy het, met kos te doen het? Betrap jy jouself met die kinders se peuselgoed? Hier is die oplossing!

Die doelwit is beheer, maar dit is baie makliker gesê as gedaan. As jy vind jy dink obsessief aan kos, kan jy seker wees dat jy nie beheer het nie. Jy moet ’n manier kry om die fokus van kos af te haal.

  1. Vergeet van al jou reëls vir jouself, van wat jy mag en nie mag eet nie. Sorg dat jy tagtig tot negentig persent gesond eet, maar gee jouself speling vir eetgoed wat jy geniet.
  2. Dit help as jy sorg dat jy nie toegang het tot onbeperkte hoeveelhede nie. Soveel vrouens sê hulle koop peuselgoed vir hulle kinders (terwyl jy in elk geval nie vir hulle die slegte gewoontes moet aanleer nie). Maar op die ou einde word dit as ’n verskoning gebruik en eet hulle dit self op.
  3. Hou verder op om konstant aan kos te dink. Fokus eerder op lekker dinge wat jy kan doen. Stel vir jouself uitdagings en bederf jouself op ander maniere as met kos. Vir baie mense is die enigste pret wat hulle in hul lewens het met kos verbind. Dis juis daar wat die grootste probleem lê.