Koue avokadosop

0
406
advokado_sop.jpg

Breek weg van die tradisionele sop af en bederf jou gesin met ʼn avokadosop uit die boonste rakke.

Genoeg vir 6
Tyd: 20 minute

BESTANDDELE
Salsa
4 klein ryp tamaties, pitte verwyder en fyngekap
’n paar skeute Tabasco-sous
60 ml vars koljanderblare, gekap
sap van ½ lemmetjie
avokado-olie

Sop
2 ryp avokado’s
sap van 1½ lemmetjies
½ Engelse komkommer
2 sprietuie, fyngekap
125 ml vars koljanderblare en stingels, gekap
’n handvol ysblokkies, in growwe stukke
375 ml verkoelde groenteaftreksel
200 g Griekse jogurt
’n paar skeutjies Tabasco-sous
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

METODE
1 Maak die salsa: Meng al die bestanddele in ’n bak. Geur, bedek met kleefplastiek en verkoel tot benodig.
2 Maak die sop: Sny die avokado’s middeldeur en verwyder die pitte. Skep die vleis met ’n lepel uit en plaas in ’n voedselverwerker.
3 Voeg die lemmetjiesap, komkommer, sprietuie, koljander, ysblokkies en die helfte van die groenteaftreksel by. Meng tot glad.
4 Giet die sop in ’n groot bak en voeg die oorblywende groenteaftreksel, jogurt en Tabasco-sous by.
5 Geur na smaak en skep die sop in bakkies. Skep ’n lepelvol salsa bo-op.

Deur Dorah Sitole. Foto’s: Vanessa Lewis