Krokante koolslaai

0
968
koolslaai.jpg

Somer is braaityd in Suid-Afrika, en alhoewel ons weet braaibroodjies is altyd ’n wenner, is hierdie Krokante koolslaai ’n smullekker verandering van jou gemaksone.

Genoeg vir 8
Tyd: 15 minute

BESTANDDELE
Slaaisous
125 ml olyf- of avokado-olie
15 ml sojasous
60 ml wit wynasyn
125 ml bruinsuiker

Slaai
1 mediumgrootte groenkool, gesnipper
1 mediumgrootte rooikool, gesnipper
6 sprietuie, in skyfies gesny
’n hand vol suikerertjies (mangetout), in dun skyfies gesny
60 ml sesamsaad, liggies gerooster
100 g gevlokte amandels, liggies gerooster
2 pakkies 2-minuut-noedels, fyngedruk

METODE
1 Meng al die bestanddele vir die slaaisous deeglik tot die suiker opgelos het.
2 Vir die slaai: Meng die kool, sprietuie, suikerertjies, sesamsaad en amandels saam. Strooi die fyngemaakte noedels oor en meng goed.
3 Sprinkel die slaaisous oor.

Bronne:
Resep en stilering: Vicke de Beer & Leila Saffarian, bygestaan deur Jana van Sitter.
Fotograaf: Roelene Prinsloo & Lee Malan.
Met komplimente van Your Family.