Krummelstokvis met knoffel en suurlemoen

482

10 min. + gaarmaak 30 min.
4–5 mense

BESTANDDELE

800 g gevriesde stokvisfilette

Vir die krummels
60 g amandelmeel
1 t knoffelvlokkies
1 t uiepoeier
1 t woestyn- of pienk sout
1 t droë basiliekruid
2 t droë pietersielie
1 t gerasperde suurlemoenskil
1 e olyfolie
rosa-tamaties vir garnering

METODE

1 Stel die oond op 200 °C. Berei ’n oondpan voor met kleefsproei.
2 Plaas die gevriesde filette in die pan en bak vir 10 minute.
3 Meng intussen die krummels.
4 Haal die vis uit die oond. Bedek elke filet met ’n lagie krummels, bedruip met olyfolie en plaas terug in die oond vir nog 20 minute.
5 Rond af met vars kruie en ’n skyfie suurlemoen.
6 Garneer met rosa-tamaties en sit voor saam met bykos van jou keuse.

KLIEK HIER vir meer resepte deur Izelle Hoffman, leefstyl-sjef.