kry daardie balans in jou eetpatrone

0
9
eet_patroon.jpg

Net soos jy in terme van oefen radikale veranderinge moet maak net so is dit met jou eetpatrone. Ek dink dit is die grootste struikelblok! Ons val in patrone en groewe wat gerieflik is, en om dit te verander is ongerieflik en moeilik. Die ander probleem is dat ’n radikale verandering vir baie beteken dat hulle hulself moet ontneem en uithonger.

Inteendeel, dink klink makliker as om gereelde, gesonde klein porsies te eet want baie mense is “alles of niks” mense. Hulle eet dus die hele pak koekies of niks, maar om net 2 te eet is vir hulle amper onmoontlik. Skuif jou kop en begin glo jy kan daardie balans kry.