Kry die lewe wat jy graag wil hê – meer tyd, meer effektief, meer doelgerig, meer geluk, meer pret!

’N WERK-LEWE

WERKSWINKEL

Vir entrepreneurs, bestuurders en leiers – aangebied deur Dr Gustav Gous
Get-a-life-Leefstyl-foto_result
Kry die lewe (wat jy graag wil hê)

Dink gou, hoe gelukkig is jy in hierdie stadium van jou lewe? Nie die ‘op-die-strand-met-’n-drankie-in-die-hand’ soort geluk nie, maar die soort innerlike tevredenheid as jy die lewe voluit en doelgerig leef!

Die daaglikse ‘doen-my-nou, doen-my-gou’ dinge hou jou so besig dat die res van jou lewe afgeskeep word.

Dalk weet jy nie meer wie jy regtig is, waarvoor jy staan en wat jy wil bereik nie …

Baie van ons is vasgevang in die mallemeule-sindroom van verbruikersmentaliteit, waar die hooffokus op geld, of die gebrek daaraan, val.

Soos die meeste mense, het jy seker ook op ’n tyd baie doelwitte gehad – net om toe later te besef hulle het iewers langs die pad agtergebly.

Jy moet weet wie jy is, waarvoor jy staan en wat jy werklik wil bereik!

Net soos jy jou persoonlike lewe en gesinslewe in balans kan bring, kan jy ook jou werk en finansiële lewe laat hande vat.

KRY DIE LEWE (WAT JY GRAAG WIL HÊ) is ’n werk-lewe werkswinkel, aangebied deur Dr Gustav Gous, in samewerking met Voelgoed Media.

Beplan en herontwerp jou héle lewe!

Jou werk én
persoonlike lewe

Hoekom is ek op die aarde? Wat maak ek hier? Wat is die doel van my bestaan?
Vind jou lewensdoel!
Geen lewensdoel staan los van ’n spesifieke behoefte op aarde nie. Mense het verskillende talente gekry, sodat al die behoeftes wat op die aarde bestaan, vervul kan word.

Kry werk-lewe
balans

Baie mense is in een aspek van hulle lewe in ’n goeie rigting op pad, maar die res van hulle lewe val uitmekaar.
Wat baat dit jou dat jy ’n fantastiese besigheidspersoon is, maar jou kinders is van jou vervreem …
Jou lewenswiel bestaan uit die volgende aspekte: liggaamlik, familie, sosiaal, geestelik, talente, finansieel en bydrae in die gemeenskap.

Doelgerigte en vervulde
lewe

Wat is jou waardes, of dan jou reëls, vir sukses?
Wat is jou houding teenoor of jou invalshoek op die wêreld?
Dink ’n bietjie oor hierdie vraag: As almal jóú houding sou inneem, sou die wêreld ’n beter plek wees?
Jy moet dus jou rigting, waardes en beginsels bepaal!

Doelwitte en
-aksieplanne

Stel jou presies voor wat jy van die lewe verlang.
Trek die buitelyne van ’n plan op met sperdatums, asook moontlike struikelblokke en die nodige strategieë.
Anker jou plan met die nodige hulpbronne, stel vir jou prioriteite, en werk aan en fokus op die belangrikste dinge – elke liewe dag.

Produktiwiteit in die
werkplek

Produktiewe mense weet hoe om die horlosie en die kalender te gebruik en hoe om te beplan en te skeduleer.
Hulle weet presies hoe om te delegeer en hoe om doelwitte te stel.
En, meer belangrik, hulle kan die regte stappe uitwerk en neem om by hulle doelstellings uit te kom.

Wat is jou
nalatenskap?

Wat laat ek agter as ek die dag doodgaan? Onthou: Erfporsie is die geld wat jy nalaat; nalatenskap is wat jy nalaat in mense, die natuur en die samelewing. As jy goeie dinge wil nalaat, sal jy eers moet leer om verby jouself te leef. Selfsugtige mense leef net vir hulleself; ware groot geeste leef verby hulle eie grense, en selfsugtige belange.

Ingesluit by die werkswinkel!

Die volgende is by die registrasiefooi ingesluit:

Koffie, tee én ligte verversings

Werkswinkelmateriaal, ingesluit ‘n A1-lewenskaart

40 dae-Life Redesign Program (Eksklusiewe WhatsApp-groep)

In persoon (halfdag) + aanlyn

DIE WERK-LEWE WERKSWINKEL WORD IN PERSOON (HALFDAG) EN AANLYN AANGEBIED.

Gustav Landing page fofo 2_result

In persoon (halfdag) – Pretoria

Donderdag 10 Oktober 2024

08:00-13:00

Centurion Country Club, Pretoria

Beperkte sitplekke

Aanlyn – Landswyd

November beskikbaar

Aanbieder – Dr Gustav Gous

Dr Gustav Gous het verskeie grade in Teologie, Filosofie en Sielkunde.

Hy is ’n internasionale spreker, leierskapafrigter en korporatiewe konsultant wat kliënte bedien in Suider-Afrika, die Midde-Ooste, die Verre Ooste en Europa.

Plaaslik wys hy Suid-Afrikaners hoe om die lewe positief en met energie aan te pak deur sy RSG radioprogram, Fiks vir die lewe.

Hy is ook die hoof van die Diversity Intelligence Institute wat besighede en individue oplei om te midde van verskille tussen kulture, geslagte en generasies suksesvol te wees.

Van sy kliënte sluit in Nestlé, Bayer, Toyota, Pfizer, Nedbank, Nedcor, Sasol, Laeveld Agrochem, Momentum, Realty1 en Telkom.

Gustav Gous
Gustav Gous
Aanbieder – Dr Gustav Gous

Dr Gustav Gous het verskeie grade in Teologie, Filosofie en Sielkunde.

Hy is ’n internasionale spreker, leierskapafrigter en korporatiewe konsultant wat kliënte bedien in Suider-Afrika, die Midde-Ooste, die Verre Ooste en Europa.

Plaaslik wys hy Suid-Afrikaners hoe om die lewe positief en met energie aan te pak deur sy RSG radioprogram, Fiks vir die lewe.

Hy is ook die hoof van die Diversity Intelligence Institute wat besighede en individue oplei om te midde van verskille tussen kulture, geslagte en generasies suksesvol te wees.

Van sy kliënte sluit in Nestlé, Bayer, Toyota, Pfizer, Nedbank, Nedcor, Sasol, Laeveld Agrochem, Momentum, Realty1 en Telkom.

Registreer vir die
werkswinkel!
IN PERSOON (HALFDAG)
Donderdag 10 Oktober
AANLYN
November beskikbaar

IN PERSOON (HALFDAG)

1 persoon

Centurion Country Club, Pretoria

Donderdag 10 Oktober 2024

5 ure

08:00-13:00

Beperkte sitplekke

Eksklusiewe WhatsApp-groep

Verversings

Werkswinkelmateriaal

R1 999
R2 500
vir 1 persoon

KRY DIE LEWE (WAT JY GRAAG WIL HÊ) – ’n werk-lewe werkswinkel deur Dr Gustav Gous, word aangebied in samewerking met Voelgoed Media.
Voelgoed-Logo

Registreer en WEN ’n advertensie-pakket!

Bespreek vóór 30 September én staan die kans om ’n advertensie-pakket vir jóú besigheid op Voelgoed Media se platforms te wen.
Die advertensie-pakket sluit onder meer ’n promosie-artikel, e-nuusbrief en sosiale media in – ter waarde van R35 000!
Scroll to Top