Kry ferm bene met ballet

0
168
linda_kriel.png

Pragtige bene is nie net vir ballerinas beskore nie. Hierdie eenvoudige balletbeweging is nét wat jy nodig het.

Pragtige bene is nie net vir ballerinas beskore nie. Hierdie eenvoudige balletbeweging is nét wat jy nodig het.

Balletdanseresse het gewoonlik pragtig gevormde bene. Een van die bewegings wat hulle baie uitvoer, word die plié genoem. Doen dit sommer terwyl jy die wasgoed opvou. Die feit dat jy iets moet optel wanneer jy hurk, dwing jou om jou bene diep genoeg te buig.

1) Voete uitmekaar en tone uitgedraai

Staan met jou voete wyd uitmekaar. Draai jou tone en knieë uit sodat hulle na buite wys.

Onthou ook dat as jy minder vet het, jou bobeenspiere sigbaarder sal wees. Doen saam met hierdie bobeenoefening ook kardiovaskulêre oefeninge wat jou harttempo laat styg, soos vinnig stap of fietsry, 3 tot 4 keer ’n week.

ferm_bene_1.jpg

2) Buig jou knieë en sak stadig af

Hou jou rug regop en buig jou knieë stadig; maak seker dat jou knieë in dieselfde rigting as jou tone wys. Buig laag genoeg sodat jy die klere uit die mandjie kan haal. Trek jou boudspiere heeltyd saam en fokus daarop om jou rug reguit te bly hou.

ferm_bene_2.jpg

3) Kom regop en maak jou bene reguit

Kom regop deur jou bene reguit te maak. Sodra jou bene reguit is, trek jy jou boudspiere saam. Herhaal die oefening deur jou knieë weer te buig en nog ’n kledingstuk op te tel. Dit versterk die bobeen- en boudspiere. Herhaal 20 keer of tot die mandjie leeg is. Doen 3 stelle.

ferm_bene_3.jpg

Deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel
Facebook: Kry Daai Lyf met Linda Kriel.