Kry fermer binnebene met ’n kussing

0
108
bikini.jpg

Geen vrou hou daarvan as haar binnedybene teen mekaar skuur nie. Hier is ʼn truuk as jy bikini-gereed wil wees vir somer.

Ferm binnebeenspiere lyk nie net mooi nie, maar help ook dat jou heupe en knieë makliker beweeg. Begin nou daaraan werk en pronk met selfvertroue oor drie maande in ʼn swembroek.

1. Jy het nie tyd om gimnasium toe te gaan nie? Geen probleem! Jy kan hierdie maklike oefening doen sonder om ’n voet by die huis uit te sit. Dit werk die adduktorspiere aan die binnekant van jou bobene. Doen dit sommer terwyl jy TV kyk.

bene_1.jpg
2. Sit gemaklik op ’n stoel of bank. Plaas ’n lekker stywe kussing tussen jou knieë. Die kussing moet weerstand bied vir jou binnebeenspiere. As die kussing nie styf genoeg is nie, neem ’n groot kussing en vou dit dubbel.

bene_2.jpg

3. Druk nou jou knieë – met die kussing tussenin – na mekaar toe en voel hoe die kussing weerstand bied. Die binnebeenspiere is nou ingespan. Behou die posisie vir 2 sekondes, ontspan en herhaal. Probeer drie stelle van 15-20 herhalings doen.

bene_3.jpg

Lees hier hoe oefening jou seksdrang kan verbeter …