Kry mooi arms in die water

0
14
water_oefening.jpg

Moenie jou arms hierdie somer wegsteek nie. Skud die vetjies af sommer terwyl jy in die swembad afkoel.

Somer bied altyd die geleentheid om jou arms in kortmoutoppies en baaikostuums ten toon te stel. Met hierdie maklike oefeninge kan jy van oortollige vetjies aan jou boarms ontslae raak. Kombineer hierdie twee oefeninge om jou arms mooi te vorm en die vet aan jou boarms te verbrand.

1. Gebruik jou liggaamsgewig

Plaas jou hande ’n bietjie verder as skouerbreedte uitmekaar op die swembad se rand. Buig jou bene en druk jouself op asof jy uit die swembad wil klim. Maak jou arms reguit. Die spiere aan die agterkant van jou boarms gaan saamtrek. Hou jou maag ingetrek om die maagspiere ook te oefen.

water_oefening_1.jpg

2. Laat sak

Laat sak jou liggaam totdat jou voete amper die swembad se bodem raak. Druk jouself weer op met jou maag ingetrek en arms reguit. Herhaal 10 keer. Doen die oefening soos hieronder beskryf tussen elke stel. Dit help om jou harttempo te versnel en só kilojoules te verbrand.

water_oefening_2.jpg

3. Skop jou bene onderwater

Hou jou kop bo die water deur met jou bene op een plek te skop en jou arms te beweeg. Maak seker jou voete raak nie die bodem nie. Dié oefening werk op jou arm-, been- en maagspiere. Begin deur 30 sekondes lank te skop en werk geleidelik op tot ’n minuut.

water_oefening_3.jpg

Deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel