Kry mooi en gladde voete tuis

0
105
mooi_voete.jpg

Sukkel jy met voete wat droog is, en hakskene wat kraak en lelik lyk? Só kry jy gladde voete tuis.

“Wat maak ’n mens met droë voete waarvan jou hakskene hard voel, kraak en onooglik lyk?” – Lyndal, Midrand

Dit is nie iets waaroor ’n mens graag praat nie, maar dit kan moeilik wees om weg te steek. Droë voete met eelte en skurwe hakskene wat selfs oopbars en pyn, is dikwels ’n chroniese probleem. Maar dit hoef nie jou lot te wees om te skaam te kry as jy jou skoene uittrek of die dag sandale dra nie. As jy in ag neem hoeveel tyd jy op jou voete deurbring, behoort jy hulle juis te pamperlang. En mooi en gesond te hou.

Mooi voete vereis daaglikse onderhoud

Die regte salonbehandeling kan jou voete se toestand in minder as ’n uur verbeter, mits jy natuurlik die tyd en geld het om jouself maandeliks met so ’n behandeling te bederf. Daar is ook verskeie vogrome, spesiale kouse, raspers en puimstene beskikbaar vir tuisgebruik. Daarmee kan jy jou voete bevogtig en harde velverdikkings afskuur. Hierdie stappe lewer egter nie oornag resultate nie. Jy moet dit daagliks getrou volg as jy ’n verskil wil sien.

Kry fluweelgladde voete in ’n ommesientjie

Daar is wel ’n manier om die resultate van ’n professionele pedikuur in die gemak van jou huis te kry. Jou voete sal van die begin af perfek glad wees nadat jy dit net een maal gebruik het. Die Scholl Velvet Smooth Electronic voetvyl (R400), verkrygbaar by kettingwinkels, is maklik en veilig om mee te werk. Jy skakel bloot die toestel aan en beweeg die roterende roller vir ongeveer 3 tot 4 sekondes oor elke geaffekteerde area totdat albei voete sysag is.

’n FINESSE-leser toets ’n nuwe voetvyl

Lyndal, ’n leser wat in Midrand werk, het die toestel onlangs getoets. Sy sê: “Ek is ’n besige persoon en werk in korporatiewe verkope, so, ek is heeldag op my voete. Soms wil ek graag gemaklike skoene dra. Ek was beïndruk met hoe vinnig en maklik dit was om die voetvyl te gebruik. En dit het nie my voete seergemaak nie. Nou kan ek met gerustheid sandale dra, selfs in ’n professionele omgewing. Scholl se elektroniese voetvyl werk soos ’n droom en is die beste oplossing wat ek nog vir my growwe hakskene gevind het.”

Lyndal is nie die enigste een nie. Die glansryke TV-persoonlikheid Jeannie D pak haar Scholl vir menige reis in. “My werk is om te reis; daarom is die Scholl-apparaat perfek om ’n mini-pedi in my hotelkamer te doen. My voete is altyd rooitapytgereed.”

As jy wil vasstel waar jou naaste verskaffer van hierdie toestel is, skakel 086 111 1100.

Geskryf deur Ryno Mulder