Kry ’n sexy middellyfie

0
10
lyf.jpg

Is ’n sexy middellyfie nou maar eens nie vir jou beskore nie? Moenie glo nie! Met hierdie middellyf-oefening ruk jy jou middelkie in ’n japtrap reg.

Die oefening wat ek hier beskryf is maklik en doeltreffend. Elke beweging word stadig en gekontroleerd uitgevoer. Die spiere wat die hardste werk, is die “obliques”, wat van die sykante van die maag diagonaal na onder loop om die middellyfkurwe te vorm.

Sit op die vloer met jou bene wyd oop. Hou jou rug regop, maag ingetrek en skouers ontspanne. Plaas jou linkerhand op jou linkerbobeen. Draai nou jou bolyf na links, leun vooroor vanuit die middellyf en strek jou regterarm na jou linkervoet uit. As jy nie baie soepel is nie en sukkel om jou tone by te kom, strek net tot waar jy kan. Keer terug na die beginposisie deur jou regterhand na jou regterbobeen terug te bring sodat jou skouers weer vorentoe wys. Doen 20 na links, dan 20 na regs. Wissel dit daarna af deur 20 keer om die beurt een na links en een na regs te doen. Herhaal.

LET WEL:  Konsentreer op jou middellyf deur jou maag in te trek elke keer wanneer jy jou bolyf draai en vooroor leun.

Geskryf deur Linda Kriel

Volg Linda op Twitter by @linda_kriel