Kyk deur ’n ander bril

Kyk deur ‘n ander bril en sien liefde raak.

Kyk deur ’n ander bril en sien hoe jou kindjie na jou aandag smag.

Kyk deur ’n ander bril en sien dat die inmengery wat jy ervaar, dalk dade van liefde is.

Kyk deur ’n ander bril en sien hoe trots jou ouers op jou is.

Kyk deur ’n ander bril en sien die mens agter die gestremdheid.

Kyk deur ’n ander bril en sien die verskillende maniere wat jou huweliksmaat sy liefde aan jou bewys.

Kyk deur ’n ander bril en sien jou kind se behoefte aan erkenning raak, sy behoefte om homself te bewys.

Kyk deur ’n ander bril en sien die liefdevolle sorg, in plaas van alles wat jou irriteer, of wat nie presies gedoen word soos jy dit graag sou word doen nie.

Kyk deur ‘n ander bril en sien hongerpyne raak.

Kyk deur ’n ander bril en sien die ware betekenis van ’n woord raak, die ware bedoeling, die kompliment.

Kyk deur ‘n ander bril en sien ongeregtigheid raak en doen iets daaraan.

Kyk deur ’n ander bril en sien die ander persoon raak, sy behoeftes, sy manier van doen.

Kyk deur ’n ander bril en besef dat die ander persoon se omstandighede en agtergrond dalk anders as joune is en dat dít dalk die rede is hoekom sy anders optree as wat jy sou.

Kyk deur ’n ander bril en sien die mens raak, selfs deur kultuurverskille.

Kyk deur ’n ander bril en sien vir Jesus in die persoon raak.

Kyk deur ’n ander bril en sien liefde raak.

Kyk deur ’n ander bril en sien die seer van die ander persoon raak.

Kyk deur ‘n ander bril en sien jou eie kwaliteite raak.

Kyk deur ’n ander bril en besef dat elke dag, elke mooiheid, ’n gawe van God is.

Kyk deur ’n ander bril!

Toortsie

(Foto: Annabelle Lombard)