Kyk weer om

Dokter spreekkamers is nooit ‘n lekker plek nie. Almal sit oopmond want hul neuse is toe, of met hul hande in die hare want hul koppe is seer en leweloos, bekommerd, wag hul, hul beurt af vir die dokter.

Die horlosie tik tok kliphard terwyl jy elke nou en dan ‘n tydskrif bladsy hoor omblaai van ‘n wagtende pasient. Die ou kantoor meubels met katjies vir dekor wys die era vanwaar die ontvangsdame haar dekor liefde jare terug al ontwikkel het.

Sy loer elke nou en dan oor haar neus se punt en die bril sit so laag op haar neus, maar dit is presies die regte belyning na die rekenaar. Tyd loop stadig terwyl ek na die biddende handjies kyk wat op die liaseerkas geplak is, dis daardie prentjie in my kinderdae en selfs die boekmerk in my Bybel gewees.

Die dokter kom haal my uiteindelik en neem my geel leêr onder sy blad, net soos jy ‘n skoothondjie sal dra. Ons sit by sy lessenaar en die rekenaar hang, maar dit stop nie die dokter nie. Hy vrae vra en soos ek antwoord so skryf hy sy notas om alles te onthou.

Ek het voorbereid gekom en hy was in sy noppies met wat ek vir hom kon sê met al die selfgedokterde medikasie wat ek al in het. Hy ondersoek my keel en luister na my longe en gou maak hy sy prognose: “Ja, jy het Akute bronchitus en middeloor ontsteking.”

Ek wys hom toe sommer my seer kol op my voet en vra hom “Kan dit nie dalk goat wees nie, dokter?” Hy lag en sê : Ja, ek het so probleme met my voete gehad nou kom ek met my “semi formals” werk toe elke dag.

Hy wys my sy nr 15 voete met bruin sokkies en bruin crocks aan. Ek lag uit my maag uit vir hom en dink by myself al vir 5 jaar het ek nie eers gekyk na sy voete nie. Hy sê met ‘n lawwe laggie “Ek kan nie wag om my kerk skoene uit te trek elke Sondag nie, en my voete is doeksag”. Hy verduidelik verder: “Duur skoene of de nie, mens moet kyk wat jou voete sê”.

So is ek terug in die motor oppad huistoe. Ek bekyk die wêreld om my soos ek ry. Ek sien ‘n boemelaar, sy baadjie is drie groottes te groot vir hom. Dis seker maar ‘n “hand down”. Sy swartsak lê langs hom half vol met ‘n yslike knoop. Dit lyk amper soos vader kersfees wat sy sak oor sy skouer gooi.

Ek self voel goor en my oë lyk dik geswel, my neus is bot toe en al rooi van al die neusblaas, boonop het ek geen grimering aan nie. Ek self wonder as mense my nou sien hoe sou hulle my beskryf. Ek voel eweskielik selfbewus toe ek vir ‘n tyd lank op die hoofstraat staan en wag by die rooilig en ‘n vreemde man met ‘n vinnige, energieke stappie kom oor die pad geloop.

Ek maak nie oogkontak nie want ek lyk nie mooi genoeg vir myself nie. Die oomblik gaan verby om die man vriendelik te kon groet en daar stap hy voor my motor se neus verby. Ek kyk hom agterna en die man draai sowaar om en kyk na my kant toe.

Hy glimlag breed en waai ywerig met sy hand na my. Kyk nou net! Daar spring hy my voor en die kans val gelukkig weer in my skoot om hom terug te groet. Ek glimlag en waai terug, kyk dadelik af of my knope regsit en daar slaan die lig groen en die vreemdeling stap aan en ek ry verder.

Ek kon nie help om te dink aan die sêding wat se “glimlag en die wêreld glimlag saam met jou nie.” Sy vriendelikheid was gratis maar vir my ‘n kosbare gewaarwording. Ek ry nog so met die gedagte toe kom stap ‘n grênd ou tannie oor die pad dat ek eenmaal moet rem trap anders sou my motor haar tref.

Sy loop met ‘n stywe postuur, haar hoehak skoene kip kap oor die teerpad en rooi lippies het niks lag in hulle nie. Sy is mooi versorg en vol selfvertroue en sy loop fort asof sy geen motor of kar sien nie. Toe vra ek myself af, maak dit tog saak wat jy aantrek en hoe jy lyk?

Ja virseker, hoe jy lyk vertel jou storie. Dis hoe die mense kyk. ‘n Dokter dra nie crocs nie, ‘n boemelaar kan nie Vader Kersfees wees nie en Mev. Kipjap kan mos nie lagplooitjies he nie? Dit is juis waarom ek my kans gemis het om iemand se dag op te helder, omrede ek my bekommer het oor wat is mense se opinies, wat hulle oë oordeel en hulle monde kan praat.

Gelukkig was daar ‘n man op my pad, wat kon stop in sy spoor, kyk met ‘n glimlag in sy stop, met geen oordeel in sy hart en wat vriendelik kyk deur sy stralende oë. Hy het my dag gemaak, en my laat besluit dat ek gaan nie sommer weer my kanse so onnodig verspil nie, wat van jou?

Vorige artikelHands of man
Volgende artikelParkeer soos ‘n VIP
Blogger - Adri Marais
Adri Marais is sommer net ’n kaalvoet gedig. Haar liefde vir mense en stories vertel, meestal haar eie stories, het ’n passie begin word en pad gevat na miljoene woorde wat maats soek om te inspireer. Hierdie stories vertel van hoop, geloof, liefde, swaarkry en vreugdes. Sy is tans ’n kommunikasiebestuurder en ’n enkelma wat kreatief die lewe liefhet en wil deel om ander op te bou en te bemoedig. Sy hou van die reuk van nat grond na die reën, vars blomme, skoon bedlinne en die gesuis van die wind tussen die grootste bome. Om haar droom uit te leef beteken om ander te kan inspireer deur stories wat leef en ’n nalatingskap los by gewillige lesers. Hierdie stories wat die lig laat sien deur ander se oë en ervaringe om te verstaan waar ware hoop, geloof en moed lê. Stories wat ons uitdaag, meer leer van onsself en te beïnvloed om te verander sodat ons beter mense wil wees. Nie dat sy al die antwoorde het nie, maar deur geloof in Jesus Christus, wil sy meer wees as om deur die lewe loop sonder om ’n verskil te maak. Verhale kleur die lewe in en oral is daar karakters met stories om ons wat die reis interessant maak. Kom saam en vind dalk net jou inspirasie in ’n storie van ’n invloeder. Haar blog se naam is #Rooimat stories.