Laai jou denke af!

gedagtes.jpg

Die Suid-Afrikaans gebore Ellon Musk het nou die maatskappy Neuralink in Amerika gestig. Dit is as ‘n mediese navorsingsmaatskappy gestig.

Die Suid-Afrikaans gebore Ellon Musk het nou die maatskappy Neuralink in Amerika gestig. Dit is as ‘n mediese navorsingsmaatskappy gestig.

Die maatskappy beoog glo om elektrodes in die brein in te plant waarmee mense dan hul gedagtes op ‘n rekenaar kan aflaai, of weer kan oplaai.

Dit klink vir my na die oplossing vir mense wat soos ek so maklik vergeet. Maar ek weet nie of ek te vinde sal wees daarvoor dat my gedagtes afgelaai word nie.  Sê nou net die rekenaar word gesteel en ander mense lees wat ek gedink het?! Liefs nie!  Hoe voel jy oor jou gedagtes?

Die Psalmdigter sê in Psalm 19:15:

“Mag wat ek sê en wat ek dink
tog vir U aanneemlik wees,
Here, my Rots en my Verlosser.”

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.