Laat die lig wat in jou is, helderder skyn as die lig wat op jou is

God se Woord leer ons dat ons lig so moet skyn dat die mense ons goeie werke kan sien.

Hiermee sê dit nie dat ons goeie werke moet doen om raak gesien te word deur mense nie.  Jesus het Sy lig in ons laat skyn die dag toe ons gekies het om Hom te volg.  Dis die verandering binne wat veroorsaak dat ons van buite verander.

Dis net Sy Woord wat ons kan reinig van binne en ‘n permanente verandering kan maak.  Ek het vir 6 jaar erg gerook.  Maak nie saak hoe hard ek probeer het nie, ek kon net nie die slegte gewoonte los nie.  Maar toe ek Jesus ontmoet, het Hy my van binne so verander dat ek glad nie meer die begeerte na rook gehad het nie.  Dit noem ek DIE KRAG VAN GOD.

Dis deur geloof wat ons God nader en Sy krag kom in werking wanneer ons op Hom vertrou.  Jy kan dit nie verduidelik nie, want jy kan dit nie in jou eie krag doen nie. Die Bybel sê ons word daagliks meer verander soos Jesus (2 Korintiërs 3:18).

Die lig wat van buite skyn hou net vir ‘n tyd, maar die lig wat van binne skyn is vir ewig.

Ek bid dat jou lig so sal skyn van binne dat mense Jesus in jou raak sal sien.

Vorige artikelVrees issie vannie Here af nie
Volgende artikelSkuldige Plesiertjies…
Blogger - Lizelle de Kock
Lizelle de Kock is ‘n vrou vir Mark de Kock en ma van 3 dogters, Kaylin (11), Jessica (9) en Madison (4). Sy is meer bekend as die stigter van die partytjie maatskappy, Organizit Party Styling wat op verskeie programme soos Pasella, Die Groot Ontbyt op Kyknet en VIA TV verskyn het. Haar werk is ook in talle nasionale tydskrifte soos Living & Loving, Baba & Kleuter, Vrouekeur, Huisgenoot & Idees-tydskrif te sien. Met 'n suksesvolle boek (PARTY TIME) wat in 2015 vrygestel is, het sy haar merk as 'n betroubare partytjie stilis in Suid-Afrika gemaak. Haar diep passie lê egter daarin om ‘n verskil in vrouens se lewens te maak deur hulle te help om hulle doel te ontdek en dit met vryheid uit te leef. Dis ook om hierdie rede dat sy ingeskryf het vir Mev SA 2017 en gekies is as een van die land se Top 100 semi-finaliste. Deur haar agtergrond in kreatiewe partytjies en geleenthede te gebruik, bring sy 'n nuwe openbaring aan elke vrou se doel deur middel van 'n kreatiewe werkswinkel wat sy landwyd aanbied.