Laat jou lewe saak maak!

361

Jy kan nie faktore van buite die skuld gee dat jou drome nie waar word nie. Besluit self om verantwoordelikheid vir jou lewe te aanvaar! ONS VRA DIE KENNERS …

Moenie dat negatiewe emosies die toekoms bederf nie

Baie mense is in emosionele pyn vasgevang. Iewers langs die pad het hulle seergekry, en hulle is stukkend. Waar jy nou is, is die gevolg van emosionele besluite.

Waar jy oor ’n jaar van nou af gaan wees, sal ook deur emosionele keuses gedryf word.

Vergewe, maak los en laat gaan. Dit maak nie saak wat in die verlede gebeur het of wat enigiemand nog ooit van jou gesê het nie.

Daar is steeds ’n volmaakte plan vir jou lewe. Los die oortollige bagasie agter, dan sal jy vrede, blydskap en vervulling vind

Motiveer jouself deur die eindpunt in jou gedagtes te sien

Baie mense dink om te kom waar hulle wil wees, gaan ’n maklike en pynlose proses wees.

Jy moet die einde kan “sien” voor jy begin. Anders sal jy vaskyk teen die prys wat jy moet betaal en opgee nog voor jy begin het.

’n Mens kan praat oor die dinge wat jy graag wil hê, of oor dit wat jy nié wil hê nie. Jy word soos ’n magneet vir die een wat jy kies!

Daar is nie kortpaaie nie. Goeie resultate sal uiteindelik volg op harde werk, dissipline en goeie besluite. 

Slyp jou kreatiewe vaardighede en behaal sukses

Die meeste van ons is nooit aangemoedig om aan alternatiewe te dink nie.

Hoe meer idees jy egter kan uitdink, hoe groter is die kans op ’n briljante oplossing.

Moenie krities wees nie, kyk eerder hoe verspot jou planne kan wees! As die proses begin vloei, word ’n magdom idees gegenereer.

Onthou, die meeste kreatiewe oplossings kom eers nadat ’n mens begin het om aan die uitdaging te werk.

Dalk het jy ’n blink plan vir ’n topverkoper. Bou dit nou uit – skryf dit, kry ’n uitgewer en laat die boek druk. Voeg die detail by en laat dit werk

Beplan jou finansiële toekoms met duidelike doelwitte

Elke stap van nou af kan jou nader aan finansiële vryheid bring.

Dit is wanneer jy ’n passiewe inkomste uit besighede, beleggings en bates verdien om jou maandelikse uitgawes mee te betaal.

Hoe groot iemand se salaris is, het niks met finansiële onafhanklikheid te doen nie. Ook nie om ’n miljoen rand in die bank te hê nie.

Jy hoef nie ’n finansiële kundige te wees nie. Leer soveel jy kan en hou by jou doelwitte

Om jou roeping te leef bring geluk

Watter oomblikke staan uit? Dit is daardie tye toe jy gevoel het: dit is waarvoor ek gemaak is!

As jy nie ’n groot verandering kan maak nie, probeer minstens klein dingetjies verander. Gebruik ’n paar ure per week om jou droom uit leef.

Jou huidige omstandighede kan jou aftrek. Dalk sit jy in ’n situasie waaruit dit moeilik is om los te kom.

In sulke tye moet jy vertrou en die volgende tree neem, in geloof.  Sukses val in niemand se skoot nie. Jy moet wérk. Sodra dít gebeur, begin alles in plek val.

 

SKRYF IN vir ons AANLYN KURSUS
(vir jou foon, tablet en rekenaar)
Laat jou lewe saak maak! Deur Gustav Gous en ander.
R199 R249
leesleerleef.co.za