Laat jou rose floreer hierdie winter

0
34
rose.jpg

Dis nou die tyd om elke laaste roos ten volle te geniet omdat die seisoen amper verby is, maar ook omdat die blomme nou gewoonlik twee keer die gewone grootte word, met baie intense kleur.

Jy kan ’n bietjie kompos byvoeg om jou rose nog langer te laat blom, veral as jy in ’n warmer streek woon.

As jy nog nie jou eenjarige winterblomme as randplante vir roosbeddings geplant het nie, is daar gelukkig nog tyd. Kies plantjies wat reeds blom of anders goed gevestigde plante by jou kwekery.

Yslandse papawers is ideaal tussen rose. Gesiggies is geskik vir baie koue gebiede. Petunias kan in Gauteng geplant word.