Laat jou selluliet verdwyn

0
76
selluliet.png

80% tot 90% van vroue het selluliet, so jy is nie alleen nie! Maar daar is maniere om dit te verbloem.

Ná die tienerjare wys 80% tot 90% van vroue tekens van selluliet. So wees gerus dat jou buurvrou se skynbare foutlose bene ook maar hobbelrig. Gelukkig is daar hoop om dit te verbloem. Die aaklige waarheid is dat daar geen wonderkuur vir is selluliet nie. Dis ongelukkig deel van ’n vrou se bestaan. Selluliet word veroorsaak deur vet wat net onder die oppervlak van die vel saampak en deur jou bindweefsel druk.

Net 10% van mans kry selluliet. Mans se bindweefsel is in die vorm van ’n kruispatroon wat meer eweredig versprei is. Vroue, daarenteen, se bindweefsel werk soos ’n net en kom in vertikale, regop kolomme, amper soos ’n heining, voor. Dit beteken ongelukkig dat vet onreëlmatig deur hierdie openinge kan druk. Om dinge te vererger, het vroue meer estrogeen wat meer vetreserwes bevat. Al kan jy miskien selluliet nie heeltemal wegkry nie, kan jy dit minder opsigtelik maak.

Goeie produkte kan selluliet verbloem

Goeie produkte kan jou vel fermer maak en die tekstuur verbeter, maar dit gaan jou nie genees van vetselle nie. Produkte penetreer net nie diep genoeg in die vel in nie, maar dit beteken nie dat jy dit moet ignoreer nie. Effektiewe produkte kan help om die oppervlak van die vel te verbeter sodat die probleem minder sigbaar is. Gebruik kwaliteit-produkte saam met ander kure en jy sal ’n sigbare vermindering in jou selluliet begin opmerk.

Slim salonbehandelings beveg selluliet

Die nuutste sellulietbehandelings maak van 100% natuurlike produkte gebruik en elke sessie skop af met ’n vollyf-afskilfering. Die terapeut gebruik pynlose strykbewegings om jou hele lyf te masseer met ’n masjien wat amper soos ’ strykyster lyk. Die massering help om vet wat saamgepak het te stimuleer en die weefsel uitmekaar af te breek.

Met mesoterapie word ekstra fyn naalde gebruik om klein hoeveelhede homeopatiese medisyne onder die oppervlak van die vel in te spuit om selluliet af te breek en te verminder.

Oëverblindery met kitsverbruiner

Het jy al ooit gewonder hoe dit kan wees dat modelle wat in onderklere op die loopplank paradeer nie sukkel met bobene wat lyk of dit van maaskaas gemaak is nie? Glo dit of nie, maar selfs die onderklerevervaardiger Victoria’s Secret se skynbaar perfekte modelle het bietjie hulp nodig. Hier is hulle geheim: Wanneer jy meer lig (en aandag) na die res van jou bene trek, sal jou selluliet minder opvallend lyk. Gebruik ’n blinkerige verbruiner en borsel dit teen die voorkant van jou been af. ’n Ander truuk waarby Hollywoodsterre bankvas staan, is om jou kits-sonverbruiner dubbeld aan te wend. Smeer eerste ’n verbruiningsroom slegs op die hobbelrige areas van jou been. Hierna kan jy ’n verbruiningsproei oor die hele lyf aanwend. Op hierdie manier skep jy ’n effek wat baie verslankend is.

Doen hurkoefeninge om selluliet se verminder

Só sê Lacey Stone, oefeninstrukteur vir baie van Hollywood se sterre soos Nicole Kidman: “Sterk spiere maak selluliet minder sigbaar. Hiervoor is hurk oefeninge (squats) uitstekend. Doen sommer ’n hele klomp terwyl jy televisie kyk.”

Staan met jou voete skouerwydte uit mekaar. Druk jou agterstewe uit soos jy jou knieë buig om in ’n hurk-posisie te kom. Hou vir twee sekondes en keer terug na die staanposisie. Doen dit 15 maal, drie keer per week.

Masseer daardie bobene

Jy kan kollageen herstel en versterk deur massering omdat dit die bloedtoevoer na die bindweefsel stimuleer. Dis al bewys dat massering littekens kan verminder, so dieselfde teorie geld vir selluliet. Deur slegs twee minute se massering met bevogtiger of babaolie by jou velsorgroetine te voeg, kan jy goeie resultate kry. Wees versigtig om nie te woes aan te gaan dat jy die vel beskadig nie. As jy direk hierna nog ’n ander sterk behandelingsproduk aanvryf, kan jou vel geïrriteerd raak.

Hier is ’n maklike metode wat jy tuis kan inspan: gebruik ’n afskilferaar in die stort en skrop met mening in vorentoe-en-agtertoe bewegings. Droog af en gebruik’n lyfolie vir jou diep tweeminuut-massering Hierdie behandeling sal limfdreinering aanhelp. Begin deur jou palms in lang stroke teen die agterkant van jou dye af te vryf. Gebruik dan jou vingers en plaas meer druk op dié area terwyl jy in stadige, ronde bewegings masseer.

Niks help sonder die regte eetgewoontes

Vetselle word deur genetika, veroudering en hormone beskadig wat bydra tot die vorming van selluliet. Deur die regte voedingstowwe in te neem, kan jy die skade herstel:
Eiers Propvol proteïen om kollageen en elastien te vervaardig, asook lesitien vir ’n gladde vel.
Okkerneute Walnuts, soos dit ook bekend staan, bevogtig jou vel van binne en verbeter selhidrasie.
Boontjies Botterbone en rooiboontjies is vol vesel. Dit bind met gifstowwe en help om daarvan ontslae te raak.
Kiwivrug Die vitamien C in kiwivrug help jou lyf om kollageen vir ’n plomper vel te vervaardig.
Bloubessie Gelaai met velvriendelike minerale en nutriënte.