Lag ’n bietjie, kliphard as jy regtig wil!

0
700
grappies.png

Om lekker te lag hou die plooie weg, nie waar nie? Nou waarvoor wag jy? Smile net ʼn bietjie!

Dis altyd die domste grappies wat ʼn mens die messte laat lag. Hoe meer ons lag, hoe meer loop die trane en hoe erger pyn die maagspiere, wat ʼn lekker oefensessie!

Die eend loop by die kroeg in

Die eend loop by die kroeg in en vra die kroegman: "Het jy brood?"
Kroegman: Nee.
Eend: Enige brood?
Kroegman: Nee.
Eend: niks brood nie?
Kroegman: Nee, ons het nie enige brood nie!
Eend: Nie eers ou brood nie?
Kroegman: Is jy doof of wat? Ons het nie brood nie! As jy my weer vra, gaan ek jou bek aan die kroegtoonbank vasspyker.
Eend: Het jy spykers?
Kroegman: Nee.
Eend: En brood?

Hoe kinders vertrou… So onskuldig

Tannie, vra ʼn klein seuntjie vir ʼn mooi jong meisie op die strand, gaan Tannie elke Sondag kerk toe?
Ja sê die meisie verbaas.
Is Tannie ʼn Christen vra hy weer, sy knik bevestigend.
Bid Tannie elke aand? Weer ʼn knik.
Sal Tannie asseblief my beursie vashou terwyl ek gaan swem?

Greece? Jy is nie ernstig nie?

Brunet se vir die blond: "Next week I’m going over to Greece"
Blond: "Nee jong, jy is mal bly liewer by Vaseline!

Check the bands asseblief

Koos stop by ’n Engelse vulstasie.
“Hey, ou,” sê Koos. “Gooi some petrol in and check the bands, man.
Die petroljoggie kyk hom verbaas aan.
I beg your pardon?” vra hy.
Koos draai na Piet toe: “Help my man. Wat is die Engelse woord vir tyres?

Die Engels woord vir “fan belt”

Onnie in die Engelse klas: “Jannie, wat is die Afrikaanse woord vir fan belt
Jannie: “Bewonderaarsgordel, Meneer.”

Die laaste wa

Mike vertel vir Koos dat die laaste wa aan 'n trein altyd die gevaarlikste is.
"Dis altyd die een wat eerste by 'n afgrond afstort," verduidelik hy.
"Nou hoekom haak hulle dit nie af as hulle weet dis so gevaarlik nie?"

Alle grappies op ʼn stokkie, dis nou tyd om ernstig te wees… Deel ’n paar van jou gunsteling grappies. Stuur ʼn epos na shannon@carpediem.co.za en dalk sien jy jou grappies op ons Facebook-blad. Dis jou kans om ander te maak lag!

lyn_3.png

21 maniere na ʼn GELUKKIGE JY

Lag ons omdat ons gelukkig is, of is ons gelukkig omdat ons lag? Kan geld geluk koop en is ryk mense gelukkiger? Jy sal verbaas wees oor die antwoorde! En hoe maklik dit eintlik is om gelukkiger te leef.

Gaan ’n bietjie na jou happy-spot toe – enige plek!

Gaan buitentoe
Het jy geweet daar is iets soos natuurgebreksindroom? Ja, daar is! ’n Studie wat in die Omgewingswetenskap en Tegnologie Joernaal gepubliseer is, het bewys dat ’n groen omgewing mense gelukkiger maak. Soveel so dat baie stede spesifiek groengordels beplan om die geestesgesondheid van inwoners te verbeter. Dit maak nie saak hoe sleg dit in enige deel van jou lewe gaan nie, tyd in die natuur sal jou beter laat voel. As jy gelukkig genoeg is om ’n tuin te hê, sorg dat jy elke dag ten minste tien minute lank daar deurbring. Dis ook goed om so nou en dan die wye vlaktes in te vaar.finesse_tydskrif_0.jpg

Lees die ander 20 maniere hoe jy soveel meer gelukkig kan wees. En dis nie wat jy dink nie …
Die volledige artikel is beskikbaar in die September FINESSE, of kan sommer nou afgelaai word deur hier te kliek en jou eie e-Finesse te koop.
So maklik soos 1 … 2 … 3!