Leandie du Randt Bosch

0
1061
Leandie du Randt Bosch
  1. Watter één ding wens jy jy het geweet toe jy jonger was?

Dat dit cool is om jouself te wees en dat niemand jou kan beat at that nie.

  1. Hoe het jy met die verloop van jou loopbaan verander?

Ek dink ek het bietjie meer geleer om nee te begin sê en nie vir alles net ja te sê nie. So om strenger te wees met my tyd en dienprojekte waaraan ek my naam koppel.

  1. Is daar ’n spesifieke aanhaling waarvolgens jy leef? Wat is dit?

“Be grateful and be yourself because no one can beat you at being you.” – my eie sê ding.

  1. Op watter een van jou prestasies tot nog toe is jy die trotsste?

Dat ek my man kon vang.

  1. Wat wil jy graag in die volgende vyf jaar bereik?

Ek wil baie graag meer internasionale projekte begin doen – my skoonma klere reeks se eie fabriek opsit – en net my man liefhê so goed ek kan.

  1. Wat was die grootste uitdaging waarvoor jy nog te staan gekom het?

Strictly come dancing was seker een van die mees stresvolle dinge waaraan ek al deelgeneem het in 2014 – ek het baie geleer oor my uithouvermoë, live televisie en dat mens tot enige iets in staat is as jy regtig wil.

  1. Wat beteken dit vir jou om bekend te wees?

Ek haat daai woord eintlik, maar ek is so dankbaar vir die platform wat dit skep om die Here se liefde uit te dra so dit is ʼn verantwoordelikheid.

  1. Wie wil jy graag inspireer?

Elke mens wat dit nodig het.

  1. Aan watter projek werk jy tans?

Skoonma, my klere reeks. Om dit net meer uit te brei en ons somer reeks en dan om my en Bouwer se film Thys en Trix te gaan bemark wat April 2018 uitkom. Ook om my Dagbeplanner vir 2018 te bemark – hy is beskikbaar op skoonma.com.

  1. Wat is die hoogtepunt van jou loopbaan tot dusver?

Elke ding wat ek doen is ʼn volgende hoogtepunt – dis net so groot voorreg om te kan doen waarvoor ek lief is.

  1. Wie of wat is die grootste liefde in jou lewe?

My God en Bouwer.

  1. Wie sou jy graag na ’n droom-ete wou nooi?

Robin Sharma en Rhonda Byrne, ek love hulle skryfwerk.