Leefstyl van geskenke

Fudge, my Skotse terrier het ’n groot hart. Hy dra gereeld ’n verdwaalde sokkie of ander soortgelyke geskenkie aan en lê dit dan trots voor my voete neer. Maar hierdie is ‘n eerste …

Dis nie soseer wat hy aandra nie, maar in die kondisie wat dit aangedra word. My man maak ‘n geluid waarin die ontevredenheid tasbaar in sy stem is. Fudge lê sy nuutste fonds sagkens neer op my rooi persiese mat. Hier lê die ou voëltjie met sy dun beentjies stokstyf in die lug en sy snaweltjie wawyd oop asof hy vir oulaas nog ‘help!!!’ wou skree. As mens terriers het kry jy gereeld trofees op jou agterstoep soos slange wat die onderspit gedelf het en nou in twee helftes gelaat word of padda’s wat hulle bekke laat skuim en helaas aan een of ander hartaanval beswyk, want ‘n terrier se speel het net geen einde nie. Dis dié dat ek my verstom aan Fudge se selfbeheersing. Die voëltjie is in perfekte kondisie. Geen teken van bloed of tandmerke is te bespeur nie. Ons vermoed die baba-voëltjie het uit sy nessie uitgeval en was reeds dood toe Fudge op hom afgekom het. Vir ’n paar minute is ek trots op die welwillendheid van my eie hondjie.

Ek dink aan die feesseisoen en besef dis vir baie mense ’n tyd van gee, geskenke uitruil of saamwees met geliefdes. Vir ander ’n intense tyd van pyn, alleenwees en bekommernis. ‘n Gedeelte in 2 Korinthiërs 9:8-11 in die Message parafrase trek my aandag: ‘God can pour on the blessings in astonishing ways so that you’re ready for anything and everything, more than just ready to do what needs to be done. He throws caution to the winds, giving to the needy in reckless abandon. His right-living, right-giving ways never run out, never wear out. This most generous God who gives seed to the farmer that becomes bread for your meals is more than extravagant with you. He gives you something you can then give away, which grows into full-formed lives, robust in God, wealthy in every way, so that you can be generous in every way, producing with us great praise to God.’

Ek is onder geen illusie dat Fudge in Moeder Teresa verander het nie. Ek is seker my stoep sal weer allerhande nuwe trofees oplewer. Maar ek wonder wat sal gebeur as ons dieselfde deernis, compassion en teerheid aan mense rondom ons bewys as wat my hond aan daardie voëltjie geopenbaar het? Hoe sal dit lyk as dit nie net ’n Kersfees-ding is nie, maar ons regdeur die jaar na geleenthede soek om die liefde van God te openbaar? Hoe sal dit wees om hulle wat ‘buite’ is in jou snoesige huis en lewe in te nooi?

Kyk hieronder vir ’n kalender met ’n paar slim idees om ander geliefd te laat voel.