Leer by die matrikulante

0
216

Die afgelope paar dae is die nuus vol van die suksesverhale van matrikulante. Dit is so inspirerend om hulle stories te lees. Daar is so baie matrikulante wat talle probleme oorkom het om hul matriekeksamen suksesvol af te lê. Daar is matrieks wat met kanker geworstel het, of wat kort voor die eksamen ‘n pa of ma aan die dood afgestaan het, of wie se huis in ‘n brand verwoes is, of wat met een of ander gebrek soos blindheid of doofheid moet saamleef, en so kan ek aangaan. Tog het hulle seëvierend anderkant uitgekom.

Verder is dit vir my so lekker om te sien hoe die matrikulante oor hul drome gesels. Hulle droom oor wat hulle gaan studeer, of oor oorsese besoeke, of gesinne of sake-transaksies, en so kan ek aangaan.

Wanneer hou mense op om te droom? Droom jy nog? Wanneer laas het jy oor die toekoms gedroom? Of gesels jy net oor die verlede? Wanneer jou geselsies oor die verlede meer is aas jou drome oor die toekoms, het jy baie baie oud geword!

Gelowiges is toekoms mense!