Lees Kultuur

Agt uit 10 Graad 4 leerlinge (80%) nie kan lees nie… en wat word gedoen daar omtent…

Die Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS) studie het skokende navorsing bloodgestel het laas jaar. “Agt uit 10 Graad 4 leerlinge (80%) nie kan lees nie”. Dit het ‘n ontvouende leeskrisis in Suid-Afrika beklemtoon. Nou dat ons hiervan weet… wat word gedoen daar omtrent? As ouer, wat kan ek doen daar omtrent? Dus nou meer as ooit nie net die onderwysers se verantwoordelikheid om my kind te leer en ondersteun nie. As ouer en selfs in ons gemeenskap moet ons ‘n sin van agentskap en atonomie omhels.

Gebruik dalk die volgende:

  1. Begin by jouself

Dus moeilik vir ‘n kind om ‘n roetine te volg wat nie in die huis geoefen word. Wees die voorbeeld en sit met ‘n boek. Die dae van doen soos ek sê maar nie soos ek doen… is verby. Wees die verandering wat jy wil sien.

  1. ‘n Fisiese boek

Maak die tyd om jou selfoon neer te sit en ‘n boek op te tel en maak lees weer ‘n prioriteit.

  1. Vertel die storie oor

Maak ‘n opsomming van wat jy gelees het en deel die storie met jou gesin. Indien jy nie alles wil deel afhangend van wat presies jy lees, haal dan net ‘n gedeelte aan om iets te deel. Dit toon begrip en kritiese denke en stel die kinders in staat om van verskillende sienings in wisselwerking en selfs versteekte aannames in jou storie te vind. Die idee is dat jy die initiatief aanspoor en ‘n kultuur vir lees by die huis begin.

  1. Tyd

Dalk het jy net eenvoudig net nie die tyd om dit te doen. Vind dan uit van lees groepe of gemeenskaps lees organisasies wat kan help. Vra by die skool of die naaste biblioteek of hul weet van ondersteuning of enige lees programme.

Verwysings:
https://www.iol.co.za/news/opinion/pirls-exposes-sa-schools-dire-state-of-illiteracy-12330534
https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2017-12-05-80-of-grade-4s-cant-read-literacy-survey-reveals/

Vorige artikelGesondheid begin in jou kop
Volgende artikelSkoolsiekte
Blogger - Diana Robertson
Diana Robertson het ‘n B Ed Honneursgraad in Onderwys behaal en is tans besig met ‘n Meestersgraad in Opvoedkunde aan die Univesiteit van Johannesburg. Diana is ‘n trotse Ambassadeur vir Afrikaans http://www.afrikaans.com/deel/ambassadeurs/diana-robertson en het by die Afrikaanse Taalraaad se bekroningsgeleentheid in 2017 ʼn Kokertoekenning ontvang vir die bevordering van Afrikaans. Diana is baie passievol oor lees en het ‘n liefde vir skryf. Diana is ook as Mev Afrika 1st Prinses 2018 gekroon en gebruik die geleentheid om ‘n stem te wees vir die bemagtiging van vroue. Instagram: lady_diana101 Twitter: @MrsDiana101