Lendeskyf met olywe, radyse en mosterdsous

0
227
steak.jpg

Maak seker jou gesin geniet elke dag gesonde etes uit die boonste rakke! Want gesondeet kan mos lekker eet wees. Bedien hierdie Lendeskyf met olywe, radyse en mosterdsous.

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
125 ml mayonnaise
80 ml heelkorrelmosterd
15 ml Dijon-mosterd
15 ml vars grasuie, gesnipper
5 ml kappertjiesaad
5 ml suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
4 lendeskyf-steaks (150-200 g elk)
olyf- of avokado-olie
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
250 ml groen olywe, ontpit
6 radyse, in dyn skyfies gesny
vars basilieblare, vir opdiening

METODE
1 Vir die sous: Meng al die bestanddele en hou eenkant.
2 Verhit ’n riffelpan tot baie warm. Bestryk die steaks met die olie en geur. Braai 4 minute aan ’n kant vir halfgaar. Verwyder van hitte en laat ’n paar minute staan voordat dit in skywe gesny word.
3 Bedruip die skywe met die sous en plaas die olywe, radyse en basilieblare bo-op. Dien op.

Bronne:
Artikel: Illanique van Aswegen
Fotograaf: Adel Ferreira from Foto Factory
Met komplimente van Food and Home Entertaining