Lensiekoekies

1137

BESTANDDELE

1 kg bruinlensies, oornag in water geweek
1 groot ui, gekap
1 groot aartappel, gerasper
1 groot wortel, gerasper
1 tamatie, fyngekap
4 eiers, geklits
80 g (1 pakkie) soppoeier
15 ml blatjang
sout en swartpeper na smaak
olie vir vlakbraai

METODE

1 Kook die gedreineerde lensies in soutwater tot sag. Dreineer weer.
2 Meng die lensies met alles behalwe die olie. Voeg bietjie koekmeel by indien dit te slap is.
3 Braai lepelsvol in warm kookolie tot goudbruin. Dreineer die koekies op kombuispapier.