Lewenslesse deur ander se trauma

0
250
Quanita_Adams.png

Quanita Adams se lewe het verander nadat haar pa deur ’n groot trauma moes gaan. Dít is wat sy geleer het.

Quanita Adams se lewe het verander nadat haar pa deur ’n groot trauma moes gaan. Dít is wat sy geleer het.

As mense na aan jou swaarkry, raak dit jou ook

My pa moes onlangs ’n prosedure ondergaan waartydens hulle ’n geblokkeerde hartslagaar oopgemaak het. Dit was nie sy eerste hartoperasie nie, hy het voorheen ’n hartvatomleiding ondergaan. Hy het ook kanker oorleef. My pa is jonk, fiks, rook nie en drink nie en ek sal hom as baie gesond beskryf. Die onlangse insident met sy hart het my behoorlik laat wakker skrik.

Humor kan jou dra deur moeilike tye

Natuurlik moes ek die feit dat ons almal die een of ander tyd moet sterf, in die oë kyk. Dan was ek ook bang dat die siekte oorerflik kan wees en dat ek dieselfde vreesaanjaende toetse en biopsies sou moes ondergaan. Op die ou end was ek trots op my pa oor hy die siekte soos ’n kampioen hanteer het. My pa het humor vir dae (wonder waar ek dit vandaan kry?) en dit het gehelp om hom deur die moeilike tyd te dra.

Die lewe is kort, leef elke dag voluit!

Ek het nog altyd die lewe ten volle geniet. Ek het ’n baie ondersteunende familie wat deur al die avonture en uitdagings by my gestaan het. Deesdae waardeer ek dinge op ’n nuwe manier. Snaaks genoeg, ek is dol oor die smaak van byvoorbeeld koffie sonder suiker. In die verlede het ek omtrent net warm suikerwater gedrink! Om my reuksin heeltemal terug te hê is ’n wonderlike ding. Ek dink dié leefwyse sal my help om ’n langer, gesonder en voller lewe te lei. Dit is ’n opwindende vooruitsig.

Klein dingetjies maak jou lewe die moeite werd

My daaglikse oproep aan my ouers. Om elke oproep te eindig met “ek is lief vir jou”. Om dit vir al my familie, vriende en geliefdes te kan sê. Mense moet weet dat hulle gelief is. Dit wys in die klein goedjies soos ’n glimlag, drukkies en warmte. Moet nooit die mag daarvan onderskat nie. En dan het ek ook geleer om iets so eenvoudig soos sout meer te waardeer.

Kies die dinge waaroor jy wil baklei, alles is dit nie werd nie

Moenie oor onbelangrike goed kwaad word nie, soos vir supermarktrollies of wanneer mense net ’n klein bietjie laat is nie. Kies die dinge waaroor jy wil baklei, versigtig. Hou op omgee wat ander mense van jou keuses dink. Solank jou ouers trots is, is alles reg. Sluit al die geraas uit, sodat jou eie stem helderder kan wees. Jy is nie vet nie! En ook, daardie kuif-idee wat jy gehad het… dis waarskynlik nie jou beste idee tot nou toe nie.