Lianie May se maerbly truuk

0
118
Lianie May

Selfs bekendes het ’n vetrolletjie hier en daar en stres oor alledaagse dinge. Lianie May vertel hoe sy dit oorkom.

Selfs bekendes het ’n vetrolletjie hier en daar en stres oor alledaagse dinge. Lianie May vertel hoe sy dit oorkom.

Vir gewigsverlies kan ek nie eet wat ek wil nie

Dit is soms moeilik om gesond te probeer leef, veral as jy gereeld op die pad is vir optredes. My metabolisme is ook nie meer so vinnig soos dit in my 20’s was nie. Toe kon ek eet wat ek wou, maar nou moet ek meer let op my dieet. Enigiets wat volgraan is of ’n lae glukemiese indeks het, werk vir my. Ek koop byvoorbeeld brood by The Health Shop wat deur Diet in a Box verskaf word. Dit bevat slegs twee gram koolhidrate, maar proe dieselfde as gewone wit- of bruinbrood. Die meeste oggende slaan ek vir my ’n eier- of vissmeerbroodjie daarmee aanmekaar.

Elke oggend drink ek ook ’n koppie warm water met suurlemoensap. Ek het al gehoor dat dit ’n baie goeie bron van vitamien C is. Dit verrig ook wondere vir my vel! Twee of drie keer ’n week drink ek ook Vibrant Health se Green Vibrance. Dit smaak glad nie lekker nie, maar dis ’n sterk probiotika wat blykbaar baie goed vir jou immuunstelsel is.

Elektriese impulse terwyl ek oefen

Ek gaan stap gereeld of ry fiets. Anders probeer ek om een keer ’n week by Bodytec® in Centurion ’n draai te maak. Hulle gebruik ’n masjien wat elektriese impulse deur jou lyf stuur om jou spiere te laat werk. Jy doen dit onder leiding van ’n instrukteur, wat vir jou ’n spesifieke program uitwerk op grond van wat jou doelwitte is, byvoorbeeld om vetjies om jou middel af te skud. Die instrukteur plak elektrodes direk bokant sekere spiere en laat die elektriese impulse die werk doen. Dit is glad nie seer nie en jy kan besliste resultate na ’n paar sessies sien.

As daar een wenk is wat ek vir lesers kan gee, is dit dat jy na buite én na binne na jouself moet kyk. As jy gelukkig voel, leef en lyk jy sommer gesond!

Bodytec® het 22 studios regoor die land, insluitend Pretoria, Johannesburg en Kaapstad. Pryse per sessie vir ‘n 6 maande kontrak is R270, en R225 vir ‘n 12 maande kontrak. Vir meer inligting, besoek www.bodytec.co.za.