Liefde is nie genoeg vir jou verhouding nie

36
Nathanya Van Zyl Chapman

Liefde alleen kan nie die enigste rede wees hoekom jy in daai verhouding wil bly nie. Baie mense sê liefde is emosies en party dink dis instink.

Ek glo dit is, ’n vaardigheid wat ’n mens moet aanleer.

Ek moet daarom dit wat daagliks toegepas moet word, aanleer en daarin groei.

Dis vir my iets wat jy vir iemand is of iets wat jy vir iemand gee wanneer hulle dit glad nie verdien nie.

Daar is iemand wat dink; hy hanteer my soos ’n vloerlap, maar ek is lief vir hom. Hy het nie respek of ’n waardesisteem nie. Hy trap op my, vloek en slaan my, maar ek is lief vir hom.

Ek kan hom nie los nie, want ek het hom lief.

Ek kom uit so verhouding uit en ek kon hom nie los nie. En as ek terugkyk na daardie verhouding weet ek liefde was nie genoeg nie.

Wat is dan genoeg vir liefde? Paulus vertel vir ons in Galasiërs van die vrugte van die gees. Dit is ’n goeie fondasie vir enige huwelik, enige verhouding.

Maak seker jy weet watter eienskappe en kwaliteite jy in ’n man of  ’n vrou soek.

So ek wil jou vandag bemoedig, gaan lees boeke, gaan kry die regte toerusting om jouself te leer ken, sodat jy kan weet waarvoor jy sal staan en waarvoor nie.

– Nathanya van Zyl Chapman, Muisneste

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Nathanya.